Print

Dinsdag 18 Februarie 2014 | Elaine Swanepoel


Selfmoord onder tieners is ’n groeiende probleem en die regering doen min om dit te bekamp.

Só meen beraders van Suid-Afrika se grootste krisissentrums.

Vandeesweek is nasionale tiener-selfmoordvoorkomingsweek.

Die tragedie verlede week toe Erik du Preez, ’n matriekseun aan die private skool St. Alban’s Col­lege in Pretoria, hom geskiet het, het opnuut die soeklig op dié kwessie laat val.

Erik se ma, Ingrid, het haar op die toneel met dieselfde wapen geskiet.

“Tienerselfmoord is ’n groeiende probleem in ons land.

“Skoolkinders is broos en daar is druk van ouers en onderwysers op hulle om te presteer,” het Isabella Holden, direkteur van Life Line se Johannesburg-tak, gesê.

Zane Wilson, stigter van die krisissentrum South African ­Depression and Anxiety Group (Sadag), het gesê die krisissentrum kry sowat 400 oproepe van mense wat dringende berading nodig het.

Volgens statistieke wat in 2013 deur Statistieke SA uitgereik is, het meer as 21% van leerlinge landwyd in 2010 een of meer keer hul eie lewe probeer neem.
•Jongmense wat sukkel met angs, trauma of depressie kan Life Line in Johannesburg bel op 011 728 1347 of Sadag op hul tolvrye nommer 0800 567 567.


* * *

 Kyk uit na dié gevaartekens

Jongmense met selfmoord­neigings is: