THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

Om die volle artikel met prente te sien - kliek hier [pdf]

Selfdoodpogings neem dramaties toe, se kenner Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) se een uit vyf tieners het al probeer om hul eie lewe te neem en volgens die psigiater dr. Helen Clark is die voorkoms van selfdoodpogings besig om dramaties toe te neem. Vicus Burger het by kenners en 'n tienerseun van Bloemfontein, wat al twee keer probeer het om sy eie lewe te neem, meer gaan uitvind. DIE ontsaglike druk op tieners om in akademie en sport te presteer, raak vir sommiges net te veel en hulle sien geen ander uitweg as om hul eie lewe te neem nie, se Rozanne Botha, 'n Bloemfonteinse sielkundige. Botha se dit word van kinders verwag om in sport te presteer. Boonop moet hulle 'n goeie gemiddelde persentasie in hul skoolwerk handhaaf om te kan studeer om 'n goeie werk te kry. Dit is volgens haar baie moeilik om vir sekere studierigtings gekeur te word. Botha se jong mense wat verskeie onderskeidings in matriek behaal het, word byvoorbeeld nie vir medies gekeur nie. Dit is volgens haar nie net skole nie, maar ook ouers wat druk op hul kinders sit om te presteer. Sommige ouers het ook 'n onvermoe om hul kinders behoorlik te ondersteun wanneer hulle dit die nodigste het. Dr. Helen Clark, kind- en adolessentpsigiater van Johannesburg, se die druk om in sport en akademie te presteer, is 'n baie belangrike stressor vir sommige tieners. "Hulle is kwesbaar en voel dikwels hulle moet presteer om goed genoeg te wees vir die versorgers wat hulle oordeel (of wie hulle voel hulle oordeel) ." Clark se 'n neiging in voorheen benadeelde gemeenskappe is dat dit baie belangrik vir ouers is dat hul kinders in akademie presteer en na tersiere instellings gaan - dit is die geleenthede wat die ouers nooit gehad het nie. Afgesien van die druk om te presteer, kan talle tieners se behoefte na aanvaarding en gewildheid ook dodelik wees. 'n Seun van 18 jaar wat verlede jaar in matriek in 'n gerespekteerde skool in Bloemfontein was, het al twee keer probeer om sy eie lewe te neem deur 'n oordosis slaappille te drink. Hy verkies om anoniem te bly. In 2011 is hy by die eerste rugbyspan van sy skool ingesluit. Dit het toe baie goed met hom gegaan. Hy was gewild, het baie vriende gehad en daarvan gedroom om 'n professionele rugbyspeler te word. "Almal in die skool het van my gehou." Die volgende jaar het sy wereld begin ineenstort toe hy 'n ernstige kniebesering in die Vrystaatse proewe opgedoen en later gehoor het hy sal nooit weer kan rugby speel nie. Sy drome is verpletter en die sogenaamde vriende het mettertyd verdwyn. Daar was ook ander kwessies, maar by wil nie he dit moet gepubliseer word nie. In Augustus verlede jaar was sy eerste selfdoodpoging. Nadat by die pille afgesluk het, het by bang geword en gebel vir hulp waarna by na 'n hospitaal gebring is. Die tweede poging was verlede maand kort nadat by gehoor het by het nie matriek geslaag nie. Hy wou toe doodgaan. Sy broer het op hom afgekom (nadat by die pille gedrink het) en hom na die hospitaal gebring. Hy het die volgende oggend in die intensiewesorgeenheid van 'n hospitaal in die stad wakker geword. Volgens Clark is baie selfdoodpogings 'n hulpkreet - in sulke gevalle is dit nie die betrokke tieners se bedoeling om dood te gaan nie. Daar is ook verskeie ander redes hoekom sommige tieners hul eie lewe wil neem. Botha se sommiges ervaar uiters traumatiese gebeurtenisse soos die dood van 'n ouer en molestering. Clark se tieners in Suid-Afrika probeer hoofsaaklik hul eie lewe neem, want hulle is "impulsiewe en emosioneel onstuimige jong mense" wat blootgestel word aan disfunksionele, onstabiele, onvoorspelbare en onbeskermde omstandighede binne hul ouerhuise, families, skole en gemeenskapsomgewings. Volgens haar verbrokkel gesinne en die ontwikkeling van volwasse en aanpasbare hanteringsvaardighede onder jong mense word nie bevorder nie. Clark se selfdoodsyfers onder tieners is nie beskikbaar nie. Sy se egter volgens haar ervaring is die voorkoms van selfdoodpogings besig om dramaties toe te neem - dit word die manier hoe jeugdiges wys hulle is in nood. "As 'n mens aanvaar dat vir elke selfdood is daar 'n geraamde 20 selfdoodpogings - waarmee ek geneig is om saam te stem - is dit baie waarskynlik dat die syfer vir voltooide selfdood proporsioneel groei," se Clark. Hoe pak ons die krisis aan? Clark se dit is die verantwoordelikheid van 'n tiener se primere versorger om te weet wanneer die kind sukkel - hulle moet die tekens van die angs of nood in die kind kan raaksien. Volgens haar moet skole en ouers veranderinge in leerlinge se gedragspatrone kan agterkom. Dit sluit belangstelling in 'n kind se skoolwerk, die gehalte daarvan en portuurgroep-aktiwiteite in. "'n Mens kyk uit vir onttrekking, 'n onstabiele gemoed en nuwe gedragspatrone soos selfdestruktiewe gedrag." Sy se 'n mens moet nie bang wees om tieners die volgende te vra nie: "Dink jy daaraan om dood te gaan?" Clark se die ideaal is as iets daadwerkliks aan oorsake van tienerselfdood soos gesinne wat verbrokkel, oorvol huise, die oorvol en onvoldoende skoolomgewing, die vlak van werkloosheid en misdaad gedoen word. Volgens Naar word kinders blootgestel aan uiters traumatiese gebeure Boos moorde, gewapende roof en verkragting, asook'n toename in die beskikbaarheid van onwettige middels. Die 18-jarige seun van Bloemfontein wat al twee keer sy eie lewe probeer neem het, se raad aan ander kinders is om hulp to kry as hulle depressief en angstig word. Hy spreek gereeld 'n sielkundige en psigiater en gebruik medisyne - dit alles help volgens hom baie. Die seun is ook in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem en het vriendskappe met van die ander pasiente gevorm. Hy Baan skryf ook binnekort 'n hereksamen om sy matrieksertifikaat to kry. Kry hulp: Bel die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) by 0800-567-567 of 011-262-6396 bel. SMS'e kan ook na 31393 gestuur word. Sadag se week vir die voorkoming van selfdood is van 16 tot 23 Februarie. Besoek hul webtuiste by www.sadag.org vir meer inligting hieroor. Die Bevrienders, 'n wereldwye instansie wat gratis, vertroulike emosionele steun hied, se Bloemfontein-tak kan 24 uur per dag gebel word by 051-444-5000. Die berig, een van 'n reeks oor geestesgesondheid, is deet van die inskrywing waarmee Vicus Burger aangewys is as medewenner van die Pfizer-Geestesgesondheid-joernalistiekprys, aangebied in samewerking met die Suid-Afrikaanse Depressie-enangsgroep (Sadag). *Feite oor selfdood in Suid-Afrika Mense tussen 15 en 29 jaar is wereldwyd die kwesbaarste om hul eie lewe te neem. Volgens navorsing deur die Suid-Afrikaanse Depressie-enangsgroep (Sadag) het 24% van tieners al daaraan gedink om hul eie lewe te neem. Sowat 9,5% van alle tienersterftes in Suid-Afrika is weens selfdood. I Minder as 1% van beddens in psigiatriese hospitale in Suid-Afrika is vir tieners. *Inligting verskaf deur Sadag.

 

Our Sponsors

Our Partners