THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

To view original article with images - click here [pdf]

DEUR AMY JOHNSON AMAL MY LEWE

Die dogtertjie is net 11, maar sy ken van swaarkry en ondersteun haar ma dag en nag. Daarby is sy oak pas bekroon vir haar akademiese prestasie.

ter- en linkerhand en sy verwag niks in ruil daarvoor nie. En sy het nog nie een keer daaroor gekla of haar ma verwyt nie. "Salithea is my hero. Ek weet nie hoe ek sonder haar sou gekom het waar ek va ndag is nie. Sy is my alles,"se Sharon (37). 'n Mens verwag dat hul ma-en-dogterverhouding anders sou wees, omdat Salithea op so 'n jong ouderdom haar ma se grootste steunpilaar is. Maar ten spyte van haar siekte, staan Sharon sterk in haar rol
Op 11 jaar oud sien menige meisies sorgvry uit na hoerskool, die nuutste Justin Bieber-songs en die latest fashion. Maar nadat bipolere gemoedsteuring vier jaar gelede by Salithea Adams se ma gediagnoseer is, het sy nooit gedink sy sou so vinnig moes grootword nie. Salithea is 'n skaam, teruggetrokke meisie en hou nie van te veel aandag nie. Die afgelope paar jaar is sy haar ma se regas ma. In die manier hoe hulle na mekaar kyk en soms presies weet wat die ander een gaan se, kan jy sien daar is 'n hegte band tussen die ma en dogter. "Ons maak soms mekaar se sinne klaar," spot Sharon, terwyl Salithea haar ma se hand styf in hare vasdruk. Hulle woon in 'n eenvertrek-huis in die agterplaas van die huis waar Sharon grootgeword het. Van die vensters is gebreek en toegemaak met plastieksakke en karton, en wanneer dit reen is die vertrek, wat hulle met Salithea se sewe katte deel, onder water. Met Ku i er se besoekaan hul huis in Bishop Lavis, was dit 'n "mixed dag"vir Sharon, want vir haar is geen dag ooit dieselfde nie. "Ek was vanoggend baie hyper en opgewonde en deur die loop van die dag was daar bietjie van 'n dip,"verduidelik sy.
Volgens die webblad www.bipolar.co.za is almal soms kwaad en hartseer - wat normale emosies is. Bipolere gemoedsteu ring in teenstelling is 'n mediese toestand wat buitengewone mood swings veroorsaak, wat glad nie te doen het met wat in die persoon se lewe aangaan nie. Die mood swings beinvloecl gedagtes, gevoelens, fisieke gesondheid, gedrag en daaglikse funksionering. Dit is belangrikom te weet bipolere gemoedsteuring is niemand se skuld nie en diegene by wie dit gediagnoseer is, het nie 'n onstabiele persoonlikheid nie. Die toestand word veroorsaak deur 'n chemiese wanbalans in die brein en volgens die webblad is dit belangrik om te onthou die toestand kan behandel word.
Na Sharon se diagnose vier jaar gelede is sy ook retrench, omdat die NGO waar sy as ontvangsdame gewerk het, in 'n finansiele verknorsing was. "Van daar af het dinge net slegter gegaan. Ek moes al my besittings verkoop om kop bo water te hou en ek het later niks meer oorgehad om te verkoop nie." Salithea was toe net sewe jaar oud en het nie altyd geweet wat om te doen nie. "Daar was nagte wat my ma opgegooi het van die meclikasie, dan het ek by haar gesit, al was dit in die middel van die nag.
Ek het die volgende oggend opgestaan om skool toe te gaan en my werkgedoen," onthou Salithea."Ek was nooit bang nie en daar was ook nie 'n tyd wat ekgevoel het dat ek nie geweet het wat om te doen nie. Soos die tyd aangegaan het, het ekook geleer om die siekte beter te verstaan." Sharon se enigste inkomste is 'n disability grant, 'n kindertoelaag en onderhoudsgeld - wat Salithea se pa al maande lank nie kan betaal nie, omdat hy werkloos is. En om dinge te vererger, moet die twee teen einde Junie uit hul huis wees en hulle het geen ander heenkome nie. "Soms is hier niks om te eet nie, maar gelukkig bly my suster langsaan en sy kyk goed na ons. Sommige dae is hier net 'n koppie rys of mieliemeel om te eet, maar ons oorleeC Sharon gebruikdrie soorte slaappille om saans te slaap en sy se haar dogter is die rede hoekom sy elke dag probeer beter word. "Wat my elke dag die krag gee om op te staan en die monster te take!, is dat sy nooit haar faith in my verloor het nie.Vir meer as drie jaar het sy haar childhood, drome en pret prysgegee om my held te wees,"vertel Sharon. "Vir drie verjaardae het sy nie 'n partytjie
HOOFFOTO:Salithea se haar ma is haarbestevriendin en sy sal alles doen om haarte ondersteun en te help om beter te word. BO: Sharon help Salithea met haar huiswerk.
gehad of 'n geskenkgekry nie. En dit het nie vir haar saak gemaak nie. Sy glo in my en dat ek die siekte kan oorkom. Sy glo in haarself en sy weet sy is meer as haar omstandighede, haar leefstyl en die plek waarin sy woon." By die skool het Salithea nie baie vriende nie en sy se die kinders dink partykeer sy is "weird': Sharon vryf oor Salithea se rug terwyl sy praat oor die pyn wat sy soms ervaar omdat sy nie altyd inpas by die skool nie. "Van die kinders dinkek is weird en van hulle het dit al vir my gese ook. My sewe katte is my vriende en my ma is my beste vriendin,"se Salithea en glimlag. "Al my niggies gaan ook baie uit en ek het nog altyd anders as hulle gevoel. Dit is hoekom ek maar altyd op my eie is. Ek was soms hartseer om my ma so te sien, maar sy het nou 'n bietjie beter geword en ek is bly daarvoor." Ten spyte van al die beproewings en terugslae, het sy nie toegelaat dat haar ma se siekte of haar omstandighede haar onderkry nie. Salithea, 'n graad 7-leerder, is die trots van Greenlands Primere Skool in Bishop Lavis, waar sy al die afgelope paar jaar die toppresteerder is. Sy is ookonlangs aangewys as dieTV-program Hectic Nine-9 se eerste wenner van hul Movers and Sha kersinisiatief Die inisiatief vereer uitblinkers of weldoeners in die gemeenskap.
WAARDEVOLLE LESSE Op die hangkas in die Adams-huis is 'n papier opgeplak met die woorde"it is well with my heart': Langs die bed le twee Bybels en Sharon se hoewel hulle nie kerkgangers is nie, het hul geloof hulle deur die moeilike tye geclra. "Ek bid en ekglo God het ons deur die beproewings gedra. En ek weet Hy sal ons altyd deurdra.Ons het dalk nie baie in die huis nie, maar van geloof en liefde het ons in oorvloed," meen Sharon. Salithea se hoewel dit nie altyd goed gaan met haar ma nie, het sy die afgelope paar jaar waardevolle lesse geleer. "Ek is baie sterker as wat ekdink ek is en ek dink nie ek sou so ver gekom het sonder my ma se ondersteuning nie. Ek het ook geleer om te waardeer wat ek het, omdat dit so maklik deur 'n siekte of setback van jou af weggevat kan word. "Niemand weet soms waardeur ek gaan of hoe onsvoel nie, en hulle is so gou om te judge sonder dat hulle weet wat aangaan. Sommige mense se my ma is mal of tatie, maar hulle verstaan nie die siekte nie." Salithea wil eendag 'n skatryk sakevrou word om vir haar ma en al haar katte 'n huis te koop."Ek wil he my ma moet beter word sodat sy weer kan gaan werk en ek wil he sy moet weer haar lewe geniet." Sharon se drome vir haar dogter is dat sy moet aanhou om hard te werk en die meeste maak van al die geleenthede wat na haar kant toe kom. "Ek wil he ons lewe moet verbeter, sodat ons kan uittrek uit iemand se backyard. Ek wil he Sailithea moet aanhou presteer en weet dat sy saak maak en dat ek my lewe vir haar sal opoffer. Sy is my alles:' KENNER GEE RAAD Janine Roos van die Geestesgesondheidsin ligtingsentrum van Suid-Afrika, se 'n
mens se hele sosia le en beroepsfunksionering word beinvloecl deur die siekte, asook die lewens van die gesin. Sy se 'n goeie ondersteuningstelsel is nodig, veral in die geval van 'n enkelouer. "Die siekte duur gewoonlik lewenslank. Die persoon kry dus lewenslank medikasie. Daar moet toegesien word dat die persoon haar medikasie getrou gebruik. Stres kan die toestand vererger. 'n Enkelouer sal ookekstra ondersteuning met kinders nodig he om hul stres te beperk." Ronald Creasy van die Schizophrenia & Bipolar Disorders Alliance, se bipolere steuring kan nie genees word nie, maar dit kan bestuur word. "As jy nie jou medikasie gereeld vat nie, gaan jy relapse." Ronald se die mees algemene simptome is die highs en lows. "Die een dag sal jy heeltemal met hulle oor die weg kan kom en die volgende dag is hulle onmoontlik:' Hy se in die geval van Salithea en haar ma gaan dit haar (Salithea) sielkundig raak. "Dit is 'n kritieke situasie. Al wys sy dit nie nou nie, gaan dit haar baie erg raak in die toekoms. Dit is baie belangrik vir die familie om hulle te ondersteun en om die ma te help. Die ma moet ook seker maak sy kry mediese behandeling en dat sy gereeld gemonitor word. "Die herstelproses is nie iets wat oornag kan gebeur nie. Dit vat tyd en hoe meer ondersteuning daar is, hoe beter. lemand sal by hulle moet intrek om hulle by te staan."0
KRY HULP HIER Mental Health Information Centre Besoek www.mentalhealthsa.org.za, bel hulle by 021 938 9229 of stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sadag Besoek www.sadag.org of bel hulle by 0800 708 090.
(Ek het oak geleer om te waardeer wat ek het, omdat dit so maklik deur 'n siekte of setback van jou af weggevat kan word", C(Ek wil he my ma moet beter word sodat sy weer kan gaan werk en ek wil he sy moet weer haar lewe geniet

Our Sponsors

Our Partners