THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

Depressie kan enigeen van ons se liggie afskakel. Maak nie saak wie ons is of hoe geliefd, gebalanseerd, sukses-vol, gelowig of gesond ons is nie. Maar moet dit jou lamp geheel en al steel? Neem eienaarskap van jou gemoed sodat jy weer lig kan leef. Deur Salome Delport Dit help om te verstaan dat depressie soveel snellers het as wat daar sand op die strand is. Vir een is dit haar kind se dood, vir 'n ander is dit haar finansiele moeilikheid. En soms is daar geen tasbare beginpunt nie. Twee lesers vertel: ( hanlal (43) prokureur, wie se enigste kind in 2008 verongeluk het * Wat met my gebeur het "My kind is dood - wat meer hoef ek te se? » Hoe dit voel "Ek het goeie dae.
Ek het slegte dae. My kind het op sewentien verongeluk, drie-uur in die nag. Ja, soos mense dink, na 'n gekuiery. Dit maak die verlies bitter, bitter swaar. So 'n dood sleep soveel ander issues en selfverwyt by. "Ek verbeel my kort-kort ek sien horn. As ek in die Cresta-winkelsentrum loop, sal een of ander seun se manier van loop of sy houding my so sterk aan Charl herinner dat ek regtig vir 'n oomblik dink: Maar dis mos Charl. Dan oorval die harde werklikheid my: dis nie Charl nie; Charl sal nooit weer wees nie. Ek is na elkeen van hierdie voor-valle van vooraf hartseer. Maar dit gebeur al minder. "So 'n dood isoleer jou - mense weet nie wat om te se nie, sekerlik weens die situasie. Wat kan hulle nou ook eintlik se? » Hoe ek daaruit gekom het "Ek is nog nie daaroor nie, maar ek is beter. My dokter het my op 'n antidepressant gesit, eers net vir ses maande, maar ek het nog nie die kruk gelos nie. Ek dink nie 'n antidepressant vat jou hartseer weg nie, maar op 'n manier lig' dit jou. Ek kan ten minste kon-sentreer en met my werk aangaan, wat ook nodig is en my dwing om 'n bietjie daarvan te vergeet. "Dit troos my baie as mense vertel wat hulle van my seun onthou. Soos toe sy maats nog soms 'n draai gemaak en vertel het hulle het die rugby gewen, of hier is nog 'n foto van Charl op hul selfoon. Dis asof mense so sy lewe bevestig. Te min mense doen dit. "Dit was ook baie vertroostend om 'n plakboek van sy lewe te maak. A trip down memory lane.
Ek skryf nou nog voorvalle-tjies neer wanneer dit my byval, goedjies waaroor ons lekker gelag het. Charl se plakboek konkretiseer lets van horn, en keer dat ek my mooi, waaghalsige seun vergeet. Dit het ook op 'n manier erkenning aan sy lewe gegee. Dit was te kort maar hy het dit en dat beleef; hy was my kind en ons het dit so verskriklik geniet om dinge saam te doen. "Ek het ook 'n boom geplant. 'n Sierden. Dis in een van daardie supergrootpotte, want in die pot kan ek dit altyd saam met my neem, waarheen ek ook al trek." LouiiHlo root/re (53) is 'n argitektekenaar en ma van twee tieners • Wat met my gebeur het "Niks eintlik nie ... en dis wat so vernederend is. Ander mense het geldige redes, soos dat hulle verkrag is, of deur 'n egskeiding is, of kon-flik by die werk moet hanteer, of gekaap is. Ek is bevoorreg; niks skort nie. Dis dood-eenvoudig pateties dat 'n intelligente mens soos ek my nie kan regruk nie. "Ek kan hartseerjare onthou - jare wat besonder donker was, soos standerd drie en standerd sewe en standerd nege en die tweede jaar dat ek gewerk het.
Al hoe ek dit kan verduidelik, is dat ek in sulke fases presies verstaan wat die 'seer' in 'hartseer' behels. "In teenstelling met my vrolike suster en broers was ek die stil een. Dit moes my ma gepla het, want sy het my gereeld vertel hoe baie ek het om voor dankbaar te wees: SOORTE DEPRESSIE • Jou simptome Bedruktheid vir minstens twee jaar, swak selfbeeld, besluiteloosheid, hopeloosheid, geen of oordrewe eetlus, slaap glad nie of te veel, oormatige skuldge-voel. Kan dui op distiemie. • Jou simptome Jy het minstens vyf van die volgende simptome: bedruktheid, veral na 'n krisis, geen of oordrewe eetlus, slaap glad nie of te veel, oormatige skuldgevoel, magteloosheid, geen belangstelling, moegheid, swak konsentrasie, malende gedag-tes, gedagtes van ontvlugting en selfmoord. Kan dui op ernstige depressie. • Jou simptome Al die bogenoemde simptome buiten dat hulle net kort voor men-struasie toeslaan en met die aanvang van menstruasie heeltemal opklaar. Kan dui op premenstruele disforiese sindroom, wat tot een uit tien vroue aantas. Drie uit elke vier vroue ervaar ligte simptome, wat nie behandeling verg nie. • Jou simptome Al die tipiese simptome van ernstige depressie buiten dat dit tydens swangerskap of na die bevalling toeslaan. Kan dui op nageboortelike depressie. • Jou simptome Abnormaal euforiese tydperke wat minstens 'n week duur, waarty-dens jy bitter min slaap, onophoudelik praat, honderde projekte uitdink en aanpak maar niks klaarmaak nie; jy is rusteloos, neem wilde besluite en gee Jou oor aan ple-siertogte soos seksuele promisku'i'teit en onversadigbare inkopietogte.
Daarna volg 'n tydperk van erge depressie. Bipoleres se lewe is voor behandeling kenmerkend chao-ties. Kan dui op bipolere depressie. • Jou simptome Na 'n traumatiese gebeurtenis is jy opeens bang en skrik gou. Jy slaan in sweet uit, het hartkloppings, voel naar en angstig. Kan dui op posttrauma-tiese stressindroom. • Jou simptome Vreemde mense maak Jou uitermatig angstig, so erg dat jy nie kans sien om te kuier nie, nie nuwe mense wil ontmoet nie en te bang is om met Jou seniors soos onderwysers en bestuurders te praat. As jy moet, slaan jy in sweet uit en kry hartkloppings. Kan dui op sosiale fobie. IS JOU MAN DEPRESSIEF? Manne huil mos nie.
Dus hoe sal jy - en hy - weet? Anders as by ons, is dit die volgende simptome wat depressie verklap: aggressie, alkoholmisbruik, 'n roekelose lewenstyl, f isieke gewelddadigheid of algehele verdieping in hul werk om gevoelens van nutteloosheid en skuld tee te werk. WANNEER OM JOU OOR 'N TIENER TE BEKOMMER Wanneer iemand selfmoord pleeg, verguis die gesin en vriende hulself omdat hulle dit nie sien kom het nie. Werk deur die aftiklysie. Selfs net een dui op ernstige depressie, en hoe meer jy kan aftik, hoe groter die risiko dat hy tot aksie kan oorgaan: • Hy pas nerens in nie en/of se so • Hy het min vriende en voel ge'isoleer • Hy ervaar selfs klein dingetjies as druk • Hy raak gou ontsteld en/of geTrriteerd • Hy raak dinge kwyt soos "my lewe is k*k"; of "waarvoor leef ek tog" • Hy hou horn besig met musiek, boeke en webwerwe wat op negatiewe dinge, ook selfmoord, fokus • Hy ervaar horn as anders as ander tieners • Hy voel soos 'n slagoffer • Hy voel hopeloos • Hy drink en/of rook "om te vergeet" • Hy is humeurig • Hy gee nie meer om oor hoe hy lyk of ruik nie, en wend geen poging aan om homself te versorg nie • Hy het vir niks lus nie en geniet niks nie • Hy slaap sleg of oormatig • Hy se hy sien nie kans om aan te gaan nie • Hy deel sy besittings uit • Hy praat van selfmoord. • Moenie jou eie diagnose maak nie. Bespreek die simptome met 'n dokter.
DEPRESSIE ALLES WAT JY WIL WEE" ;Ek is daardeur en anderkant uit' 'Jacomien se ma is dood, terwyl joune hier is en lief vir jou is. Kyk hoe goed het sy aan-gepas ... hoekom kan jy dan nie maar ook nie?' "Dit was heeltemal waar; ek het 'n hele paar maats geken wie se lewe traumatiese draaie gegooi het, terwyl alles by cms goed gegaan het. EN DAN WAS DAAR die kerk-ding: hoe durf jy as ge-redde mens nie rond-dans van vreugde nie? Oral waar ek gaan, was dit die gei'mpliseerde opdrag: wees vrolik. In die skool kry die son-nige kinders die aandag; in die kerk is die lewensblyes die voorbeeld. By die werk is dit belangrik om positief te wees; mense soek opgeruimde vriende; en as vrou en ma bepaal jy die atmosfeer by die huis. "My hele lewe lank het ek geleer dis on-dankbaar en onaanvaarbaar om sonder 'n geldige rede depressief te wees. Ek het dus al die regte dinge leer se en vrolik leer klink.
Maar my stem het my dikwels verraai. Soms laat mense blyk hulle weet nie waar hulle met my staan nie en ek het eers later ver-staan hoekom - ek het vrolik geklink, soos almal kon sien, terwyl ek diep in my gees hopeloos depressief was, soos baie kon aanvoel. Daar was altyd twee boodskappe. "Dit is geleidelik tot op 'n punt gedryf na my kinders se geboortes. Drie dae na my eerste een het ek die baby blues gehad en twee dae aaneen gehuil - tot die dokter my vir 'n paar weke op Eglanol gesit het. Ek kan onthou dat ek nogtans eers agttien maande later weer normaal gevoel het. Sedert my tweede kind se geboorte het dit net nooit weer 'reggekom' nie. • Hoe dit gevoel het "Desperaat en gevries. Ek glimlag by tye so verbete dat my kieste pyn. Ek voel asof ek geen egte emosie ervaar nie; die hoofemosie is my hartseer, en niks of min goed kan daarby verbykom. "My hoofdoel is om die emosies weg te steek. Dis ontsettend uitputtend om voor te gee, en ek voel verskriklik selfsugtig en skul-dig.
Ek vertel nou nog nie vir ander dat ek vir die res van my lewe op antidepressante sal wees nie. In my binnekring weet net my man - nie eens my ma nie - en twee of drie vriendinne daarvan, en as ons oor depressie praat, praat ons nie oor my depressie nie ... ek is seker nog in ontkenning. • Hoe ek daaruit gekom het "Na my eerste baba se geboorte het die ginekoloog met die ses-weke-besoek gevra of ek emosio-neel goed voel. Seker maar net 'n roetine-vraag, maar dit was die heel eerste opening wat ek nog gehad het om iets te se. Maar hoe kon ek kla met so 'n pragtige bondeltjie in my arms? Ek onthou ek het gese: 'Ja, ja natuurlik, kyk net hoe mooi is my baba dan.' En so het ek bly uithou. Na my tweede kind se geboorte - drie jaar later - het ek meer intens gevries. Ek was soos 'n zombie. Ek het die kinders versorg en selfs gesels, stories gelees en gaan stap. Maar binne-in is jy dood. Morsdood. "Dis in hierdie stadium dat ek op Huibre Pieterse se boek oor nageboortelike depressie afgekom het. Dit was asof die son op-kom. Ek was so, so verlig dat dit normaal was na 'n baba se geboorte. Maar dit was seker nog 'n jaar of twee voordat ek by 'n sielkundige uitgekom en medisyne begin gebruik het. My man het my soontoe gesleep omdat ek altyd te moeg was en hy oor ons huwelik begin kla het. "Ek het 'n jaar lank 'n antidepressant gebruik en is toe as 'genees' beskou. En ek was regtig beter.
Maar na ses maande was ek weer waar ek was. En so het ek seker tien jaar lank die depressie-wipplank gery: drink die pille, na drie, vier weke lig en vry in die lug, na ses maande was die voorskrif uitge- Dit maak nie sin om depressie deur te sit nie - dit werk nie. Honderde studie-bevindings oor minstens vyftig jaar wys dat verreweg die meeste mense vir seker beter af is na terapie en hul depressie oorkom. Daar is soveel be-wese opsies vir genesing dat iets vir jou sal werk. Die volgende is 'n ou kwessie: jy volg die mediese roete en jou dokter skryf 'n pilletjie voor... en toe werk dit nie. Drie dinge voor jy besluit sy pilletjies werk nie: Dit neem minstens drie weke voor jy 'n verskil opmerk, gee dit behoor-lik kans. Verder is daar verskillende klas-se antidepressante, jy sal moontlik beter vaar op 'n ander klas. En derdens kan depressie die simptoom wees van ander siektes soos 'n onderaktiewe skildklier.
Gaan terug, en laat die saak verder ondersoek. Hier is die klasse in die psigiatersearsenaal: • MAOIs (Depnil, Parnate) 'n klas wat veral werk vir mense met nie-tipiese depressie. Mense op Parnate moet kos met tirosien vermy, spesifiek kaas, avo-kado, druiwe, rosyne, lemoene, soja in al sy vorms, gis en alles waarin dit voor-kom (soos bier en brood), rooivleis, eiers, melk, sesamsaad, sjokolade en spirulina. * Trisikliese antidepressante (Trypta-nol, Trepilene, Anafranil, Prothiadin, Thaden) Hierdie klas was die heel eerste in sy soort en het sedert die jare vyftig miljoene depressielyers gehelp. Hulle word steeds as net so doeltreffend as enige van die moderne middels beskou. Maar omdat dit moontlik is om deur middel van 'n oordosis hiervan self-moord te pleeg, word dit nou nog net gebruik vir mense wat nie goed op die moderne middels reageer nie. Dis ook berug daarvoor dat dit gebruikers 'n droe mond gee, hut sig aantas en tot hardly-wigheid lei. • Kalmeermiddels (Die berugte benso-diasepiene, soos Valium, Xanor en Ativan) Anders as die ander soorte medi-kasie werk hulle onmiddellik.
Die nadeel? Jy kan daaraan verslaaf raak, en sommer binne 'n week of twee. Jou dokter sal hulle net voorskryf terwyl jy in 'n krisis is, maar beslis nie vir langer as 'n paar dae nie. (En as hy een van die is wat dit makliker en vir langer tydperke voorskryf, gaan soek 'n verantwoordeliker dokter.) • SSRIs Hierdie klas word onderverdeel in verskillende groepe wat elkeen sy eie voordele inhou, naamlik: Fluoksitien (Prozac, Nuzak en Lorien, Prohexal) wat virgewone depressie gebruik word. Na dertig jaar se gebruik is dit die beste van almal nagevors en word dit as uiters veilig beskou. Sitalopraam (Cipramil, Adco-Talomil, Cilift) Hierdie groep word veral voorgeskryf as jy ook angstig is. Essitalopraam (Cipralex, Lexamil) wat vir baie mense doeltref-fender is as die sitalo-prame. Sertralien (Zoloft, Serlife) veral vir mense met angs, sosiale fobie en post-traumatiese stres, PMS en obsessief-kompul-siewe gedrag. Paroksitien (Aropax, Paxil, Deparoc) Hulle word veral voorgeskryf vir mense met sosiale — angsof'n prikkelbare derm.
Mense hierop neig om makliker gewig aan te sit. Aropax en Paxil is nie geskik vir swanger vroue nie omdat hulle tot abnor-maliteite by babas kan lei. Fluvoksamien (Luvox) Dit word veral voorgeskryf as die lyer se libido baie aangetas word, 'n newe-effek van 'n hele paar van die ander middels. • SNRIs (Efexor, Venlor, Cymbalta) wat veral gebruik word as die SSRIs nie werk nie. Mirtasapien (Remeron) wat veral werk vir mense met slaaploosheid en 'n swak eetlus omdat dit hulle lomerig en honger maak. * Buproprioon (Wellbutin en Zyban) Hulle word gebruik om rookstakers te help - die brein word gestimuleer om die behoefte aan nikotien as stimulant uit te skakel. • Gemoedstabiliseerders soos litium (Camcolift, Quilonum), wat meestal gebruik word vir bipolere depressie. * Dopamienblokkers (Risperdal, Seroquel, Zyprexa en Geodon.) As jy ooit die allerlaagste punt bereik en jou depressie het net te swaar geword, probeer nog net een ding: gratis telefoniese berading.
Ons het al die nommers gebe en is elke keer vriendelik ontvang. • SADAG Selfmoord-hulplyn 0800 567 567 (24 uur) • Geestesgesondheidslyn Oil 262 6396 (van 08:00 - 20:00) • Hulplyn vir bipoleres 0800 70 80 90 • Hulplyn vir lede van die Polisie en hul gesinne 0800 205 026 • Lifeline 0861 322 322 (24 uur) • Vigshulplyn 0800 012 322 (24 uur) • Childline 0800 055555 (24 uur, ook vir kinders wat geboelie word of in kinderpor-nografie vasgevang is) • Dwelmafhanklikheidshulplyn 0800 12 13 14 (08:00 - 20:00) of SMS 32312 • Radio Kansel 012 3341320 (24 huur) of stuur 'n e-pos na beradingtairadiokansel. put en dan het ek oor so ses tot twaalf maande stadigaan gesak, tot ek op 'n dag besef ek is ten gronde. Dan maar weer terug dokter toe vir nog 'n voorskrif. "My dokter het my toe van distiemie vertel, en ek het besef dis waar ek inpas. lemand met 'n chroniese laegraadse depressie, dit wil se met chronies versteur-de serotonienvlakke. Ingebore. So deel van my as my oogkleur. • Wat help my? "Ek verwerk 'n ding makliker as ek dit verstaan. Ek het alles gelees wat ek in die hande kon kry, en ek bly steeds op die hoogte. Ek dink ook dat dit baie beter met my gaan vandat ek in my menopouse is en op hormoonvervan-gingsterapie (net estrogeen) is. En dan help harde oefening wat my laat sweet. Ek het vanjaar met pole walking begin. Dis baie lek-ker omdat jy op sulke mooi plekke stap. Ek is deesdae oukei, regtig oukei." DEPRESSIE ALLES WAT JY WIL WEE" IVerander 'n antidepressant jou? Die standaard-antwoord is "nee". Volgens die algemeen aanvaarde toestandseffek-hipotese bly jy wie jy is, maar namate die depressie lig, kry jou ware self die kans om te ontluik. Jy's bloot meer jouself. Maar jy kan dalk tog 'n bie-tjie "anders" raak. Nuwe navorsing toon dat die SSRI's mense se introversie en neurotiese nei-gings wel verander - daardie kenmerken-de "vashaak"-gedrag, soos dieselfde gedagtes wat deur jou kop bly maal.
Die twee persoonlikheidseienskappe word aan 'n groot risiko op depressie gekoppel. In 'n splinternuwe dubbelblinde studie wat deur die NIH ondersteun is, waarin 240 mense of op niks, of op 'n SSRI was, of gedragsterapie by 'n sielkundige ont-vang het, het geblyk dat mense op die SSRI amper sewe keer minder neuroties was en 3,5 keer meer ekstraversief geraak het.
 Die navorsers meen dat die SSRI die neurobiochemie van die brein verander, en so persoonlikheid be'i'nvloed. Wat om daarvan te dink? Maak dit saak as dit jou risikofaktore op depressie, en al die pyn wat daarmee gepaardgaan, uitskakel? 2 Sal jy onttrekkingsimptome kry as jy staak? Ja, jy sal dit agterkom maar daar is 'n groot verskil tus-sen onttrekkingsimptome en staking-simptome: Wanneer mense van 'n dwelm afgaan, ervaar hulle onttrekkingsimptome soos 'n intense behoefte (craving) daar-aan, on-middellike disforie (die teenoor-gestelde van die "op" of euforiese gevoel waarvoor die dwelm gebruik word), met simptome soos angs, hoofpyn, pyn, diar-ree, uitermate sweet, stuiptrekkings en so aan. Wanneer jy jou antidepressant staak, sal jy geen dwingende behoefte (craving) ervaar om tog net weer daarvan in die hande te kry nie. Jy sal ook geen disforie ervaar nie en die depressie keer ook nie onmiddellik terug nie, indien ooit.
Stakingsimptome is lig - meestal net 'n bietjie naarheid, duiseligheid, huilerigheid en bewerigheid. Die beste manier om simptome uit te skakel is om jou oor 'n maand of twee te "speen" deur al minder te gebruik - nog iets wat jy nie met 'n dwelmmiddel kan doen nie. * NOTA: Minstens 10% van vroue word tydens swangerskap depressief. Is SSRI-terapie dan veilig? 'n Ondersoek waarby meer as 5 000 swanger vroue betrek is, het bevind dat twee keer meer van hierdie ma's vroeg in kraam gaan en dat baie meer van die babas in die eerste dae toe-valle, infeksies, asemhalingsprobleme en geelsug gehad het. Vermoedelik ervaar die babas Stakingsimptome. 31s dit waar dat 'n antidepressant jou tot selfmoord kan dryf? Mense is nogal bekommerd hier-oor, veral nadat dit uit 'n paar opspraak-wekkende maar klein studies geblyk het dat jou risiko om selfmoord te pleeg hoe'r is as jy 'n antidepressant begin gebruik. Psigiater Piet Oosthuizen stel dit in sy boek Ontsnap van depressie in perspektief: 'n Erg bedrukte mens wat deur self-moordgedagtes geteister word, is so son-der dryfkrag dat hy nie die energie het om selfmoord te pleeg nie.
Wanneer hy op 'n antidepressant gaan, neem sy dryfkrag toe voor die selfmoordgedagtes afneem. Veral nuwe gebruikers (een studie was juis onder tieners) kan in die eerste dae op die medikasie die moed kry om selfmoord te pleeg. Daar is aan die begin 'n effens groter risiko en daarom moet nuwe gebruikers deeglik dopgehou word. Wanneer die antidepressant sy optimale werking bereik het (na so ses weke) is daar geen verdere verband tussen antidepressante en selfmoord nie - terwyl die verband tussen onbehandelde depressie en selfmoord baie sterk is. Onthou, antidepressante is ook nie lagpille nie: as iets slegs met jou gebeur, sal jy hartseer wees, net soos enige ander mens. 4Kan lugbesoedeling depressie veroorsaak? As jy naby die nywerheidsentra van ons land woon, is rookmis so seker soos die sonsopkoms - en kan blykbaar jou son-nige glimlag net so verdof as wat dit die son uitdoof. Die Kanadese, wat leiers op die ge-bied van navorsing en riglyne oor besoe-deling is, het pas gewys hoe meer jy in jou tienerjare aan rookmis blootgestel was, hoe groter is jou risiko op depressie tien jaar later.
Hoe meer jy aan besoedelde lug blootgestel is, hoe hoe'r is die loodvlakke in jou bloed, wat as maatstaf gebruik is om die voorkoms en graad van depressie te bepaal onder amper 2 000 dertigplus-sers wat sedert hul tienerjare opgevolg is. Die bevindings? Die 400 met die hoogste loodvlakke was twee keer meer geneig tot ernstige depressie en amper vyf keer meer van hulle kry paniekaan-valle as die 400 met die laagste loodvlakke in hul bloed. Daar's 'n bykomende verband met sigaretrook: dit verhoog ook jou bloed-loodvlakke, en onder die rokers was daar agt keer meer mense wat aan paniekaan-valle lei as onder die nie-rokers. Die oplossing? 'n Gereelde vakansie waar die lug nog vars en skoon is ... Ek is skepties oor leefstylraad wat daarop neerkom dat jy maar net gesond moet leef, dan sal depressie jou nooit tref nie.
Dis doodgewoon onwaar. Wat wel waar is, is dat 'n gesonder leefstyl jou help om jou depressie beter te hanteer. Maak hierdie tien commitments aan jouself - jy is die tyd, geld en moeite vir elk-een van hulle werd: 1 Slaap ses tot agt uur per nag in 'n rustige kamer. 2 Begin jou dag met 'n gesonde ontbyt: 'n prote'ien om jou deur die dag te dra, 'n vrug vir onmiddellike energie en 'n growwe stysel vir kragtot later in die oggend. 
 Eet deur die dag omega-3-ryke kos soos neute. 3 Lyk goed. Was jou hare, gebruik 'n lyfroom ter wille van die strelende effek van die massering, trek iets aan waarin jy goed lyk en spuit parfuum aan. 4 Oefen vir 'n halfuur. 5 Moenie jou lewe mors met sigarette en drank nie. 6 Beplan een lekkerte vir vandag, 'n "my-tydjie" waarin jy iets doen wat jou lekker laat voel. En as jy in die week nie kan nie, haal die naweek daarop in. 7 Sit tyd opsy vir jou siel. Lees iets wat jou inspireer. 8 Reik elke dag minstens een keer uit na mense. Dis die een ding wat jou voete op die grand hou. 9 Lag, al is dit effe hoi.
Navorsing wys dat selfs net 'n glimlag jou gemoed lig. En daar is soveel maniere om dit te doen - van foto's - kyk by Google Images of op Flickr - tot grappies lees, of weer jou Mr Bean- of Leon Schuster-DVD uithaal. Of kyk na Youtube se Skype laughterchain.com video 10 Maak die vertrek waarin jy meestal is mooi. Maak dit netjies, sorg vir blomme en sien 'n slag die foto's van jou gesin en vriende raak. Ja of nee vir krnie? Voor die koms van antidepressante is kruie soos St. Janskruid en kawa-kawa (nou plaaslik verbode) gebruik. Omdat hulle nooit streng wetenskaplik nagevors is nie, is hulle die afgelope vyftig jaar met groot agterdog bejee'n. Intussen is hulle bale beter ondersoek ... met verrassende bevin-dings.
Die Cochrane Collaboration, 'n groot internasionale netwerk van 90 000 navor-sers wat probeer om sin te maak van al die navorsing wat oor 'n onderwerp gedoen is, het die gevolgtrekkings gemaak: • St. Janskruid, oftewel Hypericum perfora-tum. Dis doeltreffend vir mense met matige depressie, maar die bewyse dat dit vir win-terdepressie (SAD) sal help, is swak. • Omega-3's Doeltreffend vir streshante-ring. Mense wie se dieet ryker hieraan is, verwerk stres beter, en is dus minder geneig tot angs en depressie. • 5-HTP en triptofaan Ja, dit help vir ma- tige depressie. » Vitamien B6 (pyr/dox/ne) geen bewyse « Folaat teenstrydige bevindings » Inositol teenstrydige bevindings • Passiflora die huidige indruk is dat dit so goed soos die diasepiene is vir angs, en boonop sender die verslawingsrisiko • Akupunktuur Al sterker bewyse • Aromaterapie Geen bewyse • Ligterapie Min goeie navorsing maar dit lyk positief • Musiekterapie Belowend, veral vir mense wat hul emosies moeilik verwoord « Terapeutiese aanraking geen goeie navorsing • Bewustheidsmeditasie (mindfulness-based meditation') Geen bewyse Met wie moet jy praat? Psigoterapie verg 'n emosionele belegging in daardie terapeut, en daarom wil jy van die staanspoor af met 'n mentor werk van wie jy hou. Al het sielkundiges basies dieselfde oplei-ding, het elkeen sy gunstelingtegniek of twee.
Dit help as jy met die eerste af-spraak uitvra oor sy werkswyse sodat jy met iemand saamwerk wat tegnieke inspan wat vir jou aanvaarbaar is. • Psigodinamiese terapie Jou depressie se oorsprong le in die onderbewussyn, wat jy kan bereik en nuut verstaan deur hipnose, droom-ontleding en vrye assosiasie. • Kognitiewe terapie Jou depressie se oorsprong le in irrasionele aannames. Die terapeut help jou om die feite, soos dit vandag is, te herevalueer sodat jy meer objektief en realisties daarna kyk. Sodra jy die feite anders verwerk, verander die emosies wat dit by jou opwek. • Persoonsgerigte terapie Hier probeer die terapeut vir jou onvoorwaardelike aanvaar-ding, opregtheid en meelewendheid gee sodat jy onbevange jouself kan wees. So ontwikkel jy groter selfvertroue en selfaan-vaarding. Die meeste terapeute - mense sonder 'n M-graad in sielkunde maar met ander opleiding - gebruik ook hierdie tegnieke ... en kan baie, baie vaardig wees.
Die toets is of die terapie jou minstens binne drie maande beter maak. Jy - die beste lerapeut wal claar is Geen pil en geen terapeut gaan help as jy nie 66k jou kop swaai en jou depressie doelgerig aanvat nie. Jy gaan vir terapie, en ontdek daar dat jy as kind verwerp gevoel het, of dat jy jou woede vir jou pa op jou man uithaal, of in uiterste konflik vasgevang was, of 'n trauma moes verwerk. Maar so what? vra dr. Jana Lazarus, 'n Kaapse psigiater. As jy steeds pyn ervaar en jou storie DEPRESSIE ALLES WAT JY WIL WEE" oor en oor moet vertel, het jy nog nie by eienaarskap van jou depressie uitgekom nie. Eers as jy jou hartseer vierkant in die oe kan kyk, kom jy naby genesing. Baie van ons kan daar kom, op ons eie. Probeer die volgende - en as jy vashaak, vra 'n terapeut om jou deur te help. • Leer jou emosies herken Wat voel, dink en doen jy? • Aanvaar jouself As jy opmerk dat jy pyn ervaar, aanvaar dit. Jy weet jy is besig om jou pyn te ontken as jy begin argumenteer, in woede uitstorm, goed rondgooi, huil om simpatie te kry - enige dramatiese of ont-trekkingsgedrag wat buite verhouding met die voorval is. Wanneer jy seerkry, se eerlik "dit of dat maak my nou seer", en probeer rustig verken waarom jy seerkry.
• Dis myne Op hierdie punt kyk jy verby dit wat ander lank gelede en selfs nou aan jou doen of gedoen het. Jy hou op om verwyte en skuld uit te deel. Jy sien in hoe jy jouself elke keer van vooraf vasdraai in daardie ou seerkry as jy daarop bly fokus. • My plan 'n Mens het altyd keuses en jy kan 'n nuwe benadering aanleer - wat jy sal regkry as jy op nuwe maniere oor die oor-saak van jou hartseer dink en doen. Dis aanvanklik moeilik, maar sodra jy ontdek hoe sterk jy eintlik is, hoe goed jy na jouself kan omsien, en hoeveel jy kan uitreik en al bereik het, kom dit al makliker. Jou manier van dink sal verander, en daarmee saam wikkel jy los van die pynlike verlede. Wat so 'n mens wat help? Jy wil graag wys jy gee om. Maar depres-sielyers raak nie so maklik getroos nie.
 En soms ontstel jy hulle net verder. Ons het gevra wat het hulle laat voel iemand ver-staan: Lounette: "Mense se hulle 'verstaan' en dan dink hulle ek gaan nou beter voel. Dis so goed jy se vir iemand jy sien sy been is gebreek en dan reken jy dit groei daarmee oombliklik aan. "Mense druk jou om opgewek te wees en te cope. Ek is al so baie vertel 'tel jou seeninge' of 'drink 'n antidepressant' of 'depressie is nie 'n skande nie' of 'eet net gesonder' of 'oefen meer' of 'dink positief of 'die glas is halfvol' - my absolute troetel-verpesting. "Die ergste is daardie mense wat so selftevrede vertel hulle was in hul lewe nog nooit depressief nie, of dat hulle depressie nie verstaan nie. "As ek in 'n ongeluk was, het jy my vertel van die ongelukke waarin jy was, maar nou vertel jy my hoe 'n briljante bestuurder jy is, hoe goed jy jou motor en die padreels verstaan, wat my duidelik laat verstaan hoe sleg ekafsteek. "En moenie druk op my plaas om te se dat dit met my goed gaan nie. Moet my ook nie voortdurend uitvra hoe dit nou met my depressie gaan nie.
Ek verpes dit as buite-standers my depressie ontleed. "Dit klink onredelik en ondankbaar van my kant af - ek moet seker ook se wat my help. Wel, los die raad uitdeel en die invraery. Gesels met my asof ek 'n doodge-wone mens is. As ek lus is - met ander woorde vandag daartoe in staat is - sal ek saamgesels. As ek nie is nie, help dit as jy jou lewe met my deel en my sender ver-wagtings insluit." Chantal: "Ek is depressed, oukei? Niks wat jy se gaan help nie. Dis nie jou skuld nie. Tog kry party mense dit bloot net reg, soos my een kollega. Dis nie dat sy juis iets doen nie; dis meer 'n vibe wat sy uitstuur. Sy's 'aan my kant'. Partykeer sal sy 'n ander kant van 'n saak stel, maar sy val nooit weg met raad nie.
 Dis asof sy sien hoe hard ek probeer." En wat sielkundiges se: • Gun haar die reg om depressief te wees. Al sien jy geen rede daarvoor nie, is dit steeds 'n geldige emosie. • Reik uit en betrek haar, maar wees sensi-tief vir hoeveel geselskap sy wil he. Los 'n agterdeur oop sodat sy met waardigheid kan onttrek as sy wil. • Let op of sy wil praat. Moenie uitvra as sy nie wil oopmaak nie. • Laat haar verstaan dat jy aan haar kant is. Luister na haar en hoor haar persepsies. Jy hoef nie saam te stem nie, maar moenie dit sommer net afmaak nie. • Laat haar nuttig en nodig voel. Party mense voel beter as hulle ander help. Wen 'n WOnderlike parflllim Laat jou mening tel en besoek vandees-maand ons webblad www.rooirose.co.za en antwoord sommer so vinnig-vinnig "ja" of "nee" op die volgende vraag: Het jy al antidepressante nodig gehad? Een deelnemer kan 'n Euphoria-fyngeur van Calvin Klein wen.
 Euphoria vir vroue is 'n reis sender einde. Dis ge'i'nspireer deur 'n nuwe vryheid om jou drome na te jaag. Dis 'n uitdagende, verslawende geur wat vroulikheid herdefinieer. Die fyngeur is saamgestel deur kontrasterende vrugte- en verleidelike blomgeure met 'n ryk en romerige tekstuur.

Our Sponsors

Our Partners