THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

To view the original large article - click here [pdf]

as jou dogter verkrag word

'DU- vemietig hulle en breek ook hul gees om te lewe' Sal jy kan aangaan as jou 12-jarige dogter deur 'n familielid verkrag word? Sal jy kan aangaan ondanks die pynlike verwyte? Ina*, nou van Kuruman, moes dit doen en sy het. Sy het die verhaal van haar en haar dogter, wat deur hel is, aan Ilse Watson vertel. Am Y dogter, Michelle*, het 'n brief aan my geskryf waarin sy my van die verkragting vertel het. 'n Neef van haar, in sy laat twintigs, was verantwoordelik vir die gruweldaad. Sy het die dag Iná die verkragting in 2009 die brief onderdeur my kamerdeur gedruk en is skool toe. Soos ek dit gelees het, het trane soos 'n rivier oor my gesig geloop." 'n Paar maande nadat Ina die skokkende nuus ontvang het, het sy in 'n hospitaal in Kaapstad (waar hulle gewoon het) beland. Sy het heeltemal in duie gestort en sy kon nie verder aangaan nie. Sy het sielkundige behandeling en medikasie ontyang. "Ek was drie maande in die hospitaal, maar dit het vir my gevoel asof dit my nie regtig help nie. Ek het besluit om my eerder self te help en het al die pille wat hulle vir my voorgeskryf het, weggegooi." Na. die verkragting het sy ook nie besef hoe Mar lewe gaan verander nie. "Ek het besluit om openlik hieroor te praat in 'n poging om ander slagoffers en hul families te help. Dit was nog altyd my persoonlikheid om my tyd vrygewig aan mense te bied in 'n poging om hul las te verminder." Ina het met 'n reis begin wat jare geduur het, en steeds voortduur. "Ek het besef ek gaan 'n baie lang paadjie moet stap om hierdie geweldige pyn, hartseer en woede te probeer verwerk." Verder het sy probleme in die gesig gestaar wat sy nooit gedink het hulle sal ervaar nie. Gevoelens van woede, vrees, skok, ontkenning en verwarring is van die traumatiese gevoelens wat hulle moes hanteer. "Die eerste twee jaar Iná die verkragting was pure hel. Michelle het ook ongeveer 'n jaar IA. die verkragting probeer om haar eie lewe te neem deur 'n klomp pille te drink. Ek het geen idee watse soort pille sy gedrink het nie. Nadat sy dit gedrink het, het sy seker besef sy het 'n fout gemaak, want sy het my dadelik gebel. "Toe ek by die huis aankom, was Michelle reeds baie slaperig. Ek het my vinger in haar keel gedruk sodat alles kon uitkom." Polisle en howe Ina het die saak by die polisie aangemeld. Dit is haar mening dat hierdie verkragtingsake in Suid-Afrikaanse howe baie swak hanteer word. Gedurende die hofsaak (wat twee jaar geduur het) het hulle vier keer van aanklaers verander - omdat aanklaers bedank het en/of ander sake oorgeneem het. "Elke keer wat 'n mens van aanklaer verander, moet jy die hele proses weer van voor af begin. Ek en Michelle het in camera getuig oor wat gebeur het. Aan die einde van 2011 was ek so sat vir die hele gesloer en ek het gevoel geregtigheid gaan nie geskied nie." Ina en Michelle het besluit om nie meer by die saak betrokke te wees nie. Tot vandag toe weet hulle nie wat met die neef gebeur het nie - hulle weet nie of hy skuldig bevind is en/of hy enige vonnis ontvang het nie. "Ons verkies om nie te weet nie. Ek het daarmee vrede gemaak." Nadat die familie van die neef se daad uitgevind het, het hulle almal hul rile op Ina en Michelle gedraai. Hulle het die verkragter geglo. Ina se ma het ook teen haar gedraai. "As jou eie familie so optree, wel, wat kan jy doen? Sedertdien het ek nog nooit weer met die familie kontak gehad nie. Ek het ook daarmee vrede gemaak." 'n Lewe in Kuruman In die begin van 2012 het Ina 'n werkaanbieding in Kuruman gekry en sy en Michelle het na Kuruman verhuis. Sy bly in 'n mooi en rustige woonbuurt en is gelukkig. Sy voel ook dat die skuif na Kuruman iets was wat sy baie nodig gehad het - dit het haar van al die slegte herinneringe in Kaapstad weggeneem. Die herstelproses vir haar en haar dogter was ontsettend moeilik. Om haarself te probeer help, het sy begin om elke dag haar gevoelens in 'n joernaal te skryf - dit het haar baie gehelp. "Ek het ook besluit om openlik oor verkragting te praat. Michelle het met sommige van haar skoolmaats, wat sy kon vertrou, gepraat en sy het ook sielkundige behandeling ontyang. "Ek glo as 'n mens oor trauma kan praat, kan jy ook 'n verskil in ander mense se lewe maak." Deur al haar gesprekke met mense het sy vinnig uitgevind sy is nie die enigste een wat deur hierdie onsmaaklike proses moet werk nie. Onoorwinbare somer Sy gesels ook baie met die ouers van kinders wat verkrag is. Sy het besef dat ouers óók nie weet hoe om alles te verwerk nie. "Verkragting neem die onskuld van 'n kind weg. Dit vernietig hulle en breek ook hul gees om te lewe." Michelle is nou 19 en studeer B.Sc. Dieetkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Dit gaan goed met haar, hoewel sy soms nog in sosiale omstandighede angstig raak - sy raak ook soms 'n bietjie depressief. Sy ontvang egter nie meer enige sielkundige behandeling nie. "In die middel van 'n aaklige winter het ek uiteindelik besef dat daar binne-in my 'n onoorwinbare somer is." Volgens 'n psigiater, wat verkies om anoniem te bly, is dit nie raadsaam vir pasiente om net eenvoudig hul voorgeskrewe medikasie to stop nie. Hulle moet sulke stappe eers met hul sielkundige of psigiater of huisdokter bespreek. Nie almal is daartoe in staat om Bonder medikasie hulself to kan help nie. *Skuilname. 0Statistieke I Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep se 'n vrou word elke 83 sekondes in Suid-Afrika verkrag; Elke jaar word een miljoen gevalle van verkragting aangemeld en die Suid-Afrikaanse polisie reken vir elke verkragting wat aangemeld word, is daar 35 wat nie aangemeld word nie. Pad na herstel fig Ek glo as 'n mens oor trauma kan praat, kan jy ook 'n verskil in ander mense se lewe maak. - 'INA, MA VAN VERKRAGTINGSLAGOFFER Ina verduidelik met haar hande op haar bors oor die liefde en ondersteuning wat sy aan Michelle moes gee. Foto: ILSE WATSON

Our Sponsors

Our Partners