Print

To view the larger image - click here [pdf]

ambassadeur van hoop

Vandag is Wereldselfdoodvoorkomingsdag. Die dood van Robin Williams het weer getoon depressie, die "kwaadaardige verdriet5; kan enigeen se dood veroorsaak. Die belangrikste wat ons uit die tragedie kan leer? Selfdood is die fatale gevolg van 'n terminale depressie — en dit is voorkombaar deur betyds hulp te soek, maar dan moet ons as gemeenskap die stigma rondom depressie afbreek, skryf Lizette Rabe. y kon aan niks anders dink as om 'n einde aan sy lewe to maak nie, al was sy lewe in elke opsig vervullend en goed, skryf die bekende Suid-Afrikaans gebore Britse wetenskaplike prof. Lewis Wolpert in sy boek Malignant Sadness - The Anatomy of Depression. Wolpert kon gered word. Williams kon nie. Die "kwaadaardige verdriet" het nog 'n slagoffer geeis. Maar elkeen van ons kan help om die siekte to destigmatiseer sodat potensiele slagoffers betyds simptome van depressie herken, en erken dat hulle hulp moet kry. Vandag is Wereldselfdoodvoorkomingsdag - presies Boos dit se: om die fokus daarop to plaas dat selfdood voorkombaar is. Maar terwyl bewusmaking rondom voorkoming belangrik is, moet bewusmaking die oorsaak van selfvernietiging insluit, want dit help nie om in die terminate fase van 'n siekte in to gryp nie. Daarom moet die fokus tegelykertyd op depressiebewusmaking wees. Ons samelewing het eeue lank weens onkunde selfvernietiging in isolasie van sy oorsaaklike siekte gesien terwyl navorsing vandag dit as die terminate fase van 'n dodelike siekte beskou. Wereldwyd ly sowat 350 miljoen mense aan kliniese depressie en verloor 1 miljoen per jaar hul lewe aan selfdood. As biologiese siekte met psigiese en fisieke simptome het depressie 'n al hoe meer verlammende uitwerking op individue en gemeenskappe - en dit neem toe. Volgens die Wereldgesondheidsorganisasie gaan depressie in 2020 die tweede grootste siekte ter wereld wees en in 2030 die grootste. Dit beteken daarom ook potensieel veel meer mense kan daaraan sterf indien nie drasties ingegryp word nie. In Suid-Afrika het ons nie eens 'n amptelike psigiese gesondheidsbeleid nie, al is psigiese siektes die derde grootste siektegroep na MIV en ander aansteeklike siektes. Daar is net 2,1 beddens per 100 000 mense beskikbaar vir psigiese Sorg, teenoor die 8 beddens per 100 000 mense in Europa. Psigiese siektes kry ook 'n disproporsionele klein deel van die nasionale gesondheidsbegroting, terwyl dienste boonop afgeskaal word. Onder begrotingsdruk was daar byvoorbeeld 'n afname van 7,7% beddens vir psigiese Sorg. Suid-Afrika het 23 psigiese hospitale, wat altesame 56% van die beskikbare beddens het, maar sulke hospitale word beskou as 'n oudmodiese manier van behandeling omdat dit tot menseregtevergrype en stigmatisering hydra. Die wereld het boonop 'n vergrysende bevolking. Daar is reeds meer as 800 miljoen mense bo 60, en meer ouer mense ontwikkel psigiese siektes wat beskikbare mediese dienste gaan oorweldig. Suid-Afrika het die hoogste persentasie ouer mense in Afrika, en ons land het reeds 'n drastiese tekort aan die nodige begroting en dienste vir psigiese sorg. Teen volgende jaar gaan byna 10% van alle Suid-Afrikaners ouer as 60 wees, en depressie sal die grootste psigiese siekte onder die groep wees. Wat kan jy doen? Praat oor depressie soos jy oor enige ander soort siekte sou praat. So breek jy die stilte en stigma rondom die siekte af, en moedig jy ander aan om openlik daaroor te wees. Depressie is nie teleurstelling, hartseer of om soms "at"' te voel nie - dit is 'n kliniese siekte wat professionele hulp benodig. En jy moenie anders dink oor 'n siekte net omdat dit bokant die nek eerder as onder die nek is nie. Indien jy of 'n geliefde of kollega simptome van depressie toon (sien kassie), herken en erken dit, en kry hulp. Miskien kan dit met die hulp van 'n sielkundige met kognitiewe gedragsterapie bestuur word. Om egter niks daaraan te doen nie gaan nie die siekte laat verdwyn nie. Inteendeel, dit gaan erger word, en dan is mediese behandeling deur 'n psigiater noodsaaklik. As dit simptome van 'n ander siekte was, sou jy tog dokter toe gegaan het - hoekom nie met depressie nie? As mense die regte hulp kry, is daar hoop. Maar eers moet ons bereid wees om die stilte en stigma rondom die siekte te verbreek. kan 'n agent van verandering wees om te verhinder dat depressie - 'n psigologies en fisiek verlammende siekte met potensieel dodelike gevolge - verder individue en samelewings vernietig. Bestry die siekte van wanhoop; wees 'n ambassadeur van hoop. Evoiusie van taai Simptome In Suid-Afrika sterf 23 mense per dag weens selfdood, terwyl 230 pogings "onsuksesvol" was. Depressie is die oorsaaklike siekte in meer as 90% van die selfdoodgevalle. Na raming is daar wereldwyd 27 nie-fatale pogings vir elke volwassene wat weens selfdood sterf. Depressie is wereldwyd die grootste oorsaak van ongeskiktheid gemeet aan verlore werktyd. Altesame 75% van die mense met psigiese siektes ontvang nie die nodige behandeling nie. In Suid-Afrika is net 1,4% buitepasientgeriewe en 3,8% beddens in psigiese eenhede beskikbaar vir kinders en adolessente met psigiese siektes. In die ouderdomsgroep 15 tot 29 jaar is selfdood die naasgrootste oorsaak van dood, en in die ouderdomsgroep 30 tot 49 die vyfde grootste. In Suid-Afrika is selfdood een van die grootste oorsake van dood onder die jeug. Vir inligting oor depressie, bipolar en angsstoornis: http://www.letstalkmental. co.za Suid-Afrikaanse Depressieen-angs-groep: www.sadag.org Suid-Afrikaanse Federasie van Psigiese Gesondheid: www.safmh.org Cape Mental Health: http://www. cape me ntal health.co.za. Lizette Rabe is betrokke by die Ithemba-stigting Uir depressiebewusmaking, wat die Hoop Hike gernisieer het. Dit is vanjaar op 5 Oktober in Gauteng en op 12 Oktober in die Kaap. Gaan na http://www.igela-events.co. za vir meer inligting. (Ithemba beteken "hoop" in Xhosa.)