THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

verhoudings

deur LIZE MARITZ Depressie is nie meer die vloekwoord wat dit eens was nie, maar daar is steeds duisende mense wat daaraan ly en baie ontvang geen behandeling nie. Dieselfde geld vir ander geestesversteu-rings, soos bipolere gemoedsversteuring. Derduisende lyers ervaar daagliks die ver-pletterende simptome van die versteurings en beur met moeite deur elke dag. Die mense wat egter soms die meeste ly en waaroor bitter min ooit gese word en nog minder aan gedoen word, is die lyers se lewensmaats. Hulle is daagliks in 'n stryd gewikkel om self net kop bo water te hou en het dikwels net soveel hulp as die lyer self nodig. Depressie - die basiese Dr Claire Newton, 'n beradingsielkundige. verdui-delik daar is 'n verskil tussen om onder normale omstandighede depressief te voel. soos na die dood van 'n geliefde, en biogeniese depressie.
Laasgenoemde het 'n biologiese oorsprong. naamlik 'n chemiese wanbalans in die brein. Dit kan langtermyn sowel as terugkerend wees. Dit is 'n chroniese depressie en nie iets waaruit 'n persoon self kan kom nie en ook nie iets wat jy kan wegwens nie. Sy se daar is steeds talle mense wat dit nie as 'n siekte erken nie, daarom gebeur dit dat lyers nie behandeling ontvang nie. Dit kan dan gebeur dat die lyer horn tot alkohol of ander middels wend en selfs selfmoord oorweeg. "Dit maak die lewe vir hulself en die mense om hulle baie miserabel." Statistieke Volgens navorsing deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR), het SA, in vergelyking met 14 ander lande, die tweede hoogste voorkoms van middelmisbruikver-steuring, die sesde hoogste voorkoms van angsversteurings en die sewende hoogste voorkoms van gemoedsversteurings.
Slegs 15.4% van mense met versteurings ontvang behandeling. Met die Statistieke in gedagte, kan 'n mens aflei datdaar'n kommerwekkende hoeveelheid sekondere slagoffers (lewensmaats) is. 'n Vrou se stryd Nina Mensing* is 'n sekondere slagoffer. Sy vertel sy het haar man op skool ontmoet en hulle het begin uitgaan toe sy 16 en hy 17 was. "Hy het sy eerste maniese episode op 15 gehad. Ek het daarvan gehoor en dis ook toe dat hy met bipolere gemoedsversteuring 1 (meer manies as depressief) gediagnoseer is. Ons is nou 13 j getroud. '"n Geestesversteuring het 'n enorme effek op die individu wat daarmee gediagnoseer word, maar min mense besef hoe groot die impak op daardie persoon se gesin is. Daar is talle boeke, ondersteuningsgroepe en mediese joernale vir die lyers, maar die siekte manifes-teer by die huis en daar is nie vir ons 'n diagnose en pille nie," vertel Nina.
Sy vertel die maande wat 'n maniese episode vooratgaan, is so traumaties dat sy soms nie kon wag dat haar man psigoties raak, sodat hy opgeneem kon word nie. 'Toe ek gese het 'in sickness and in health' het ek gedink dit gaan maar behels om so nou en dan 'n pynpil uit te deel en horn dalk na 'n operasie of ongeluk te ondersteun. Ek het nooit gedink ek sal na my man se verwilderde oe moet staar waar hy agter tralies in 'n inrigting sit nie." Nina vertel hoe dit hul verhouding beinvloed het: "'n Geestesversteuring doen vreemde goed aan 'n verhouding - dit skeur julle met soveel krag uitmekaar dat dit na 'n episode jare neem om mekaar weer te vertrou. Die aanhoudende emosionele en verbale mishandeling tydens 'n maniese episode is bale erg. "Ek het probeer om as vrou en ma die huishouding aan die gang te hou en 'n salaris huis toe bring om die rekeninge te betaal. Ek Die oondog is dikwels op die siek persoon terwyl die se lewensmoat net soveel hulp en ondersteuning nodig het 20 Vrouekeur 18 Junie2010
Wat van die ondersteuner het kos gemaak, die kinders se skoolaktiwiteite bygewoon en gedoen wat ek kon, maar tydens sy episodes kon ek niks reg doen nie. Dan was ek sy grootste vyand en was dit my skuld dat hy ly. Die verwyte was onophoudelik. Ek moes daarteen baklei om nie in myself te twyfel nie. Ek het geleer om te hoor, maar nie te luister nie, maar die leistering (nooit fisiek nie) het tot op die been gesny. "Na so 'n episode, het ek self aan depressie gely. Ek is tans op medikasie en kry sielkun-dige behandeling. Geen mens kan ongedeerd daarvan afkom nie. "Al het almal vir my gese 'dit is die bipoler wat praat' en al was hy tussen episodes 'n normale, liefdevolle en humoristiese man en pa, het ek gesukkel om horn weer lief te he, met die wete dat dit net weer kon gebeur.
"Soos my kinders ouer geword het, het hulle ook erg onder hul pa se versteuring begin ly. My oudste het my al gesmeek om van sy pa te skei. "Hul pa het tydens episodes die lewe vir hulle ongelooflik moeilik gemaak en hulle het probeer om hom sulke tye so ver as moontlik te vermy. Tydens 'n depressiewe episode was hy erg geTr-riteerd en het hy op vrede om hom aangedring sodat hy deur die dag kon slaap. In sulke tye, het hy nie saam met ons geeet nie, en as hy dit wel gedoen het, was die atmosfeer gelaai. "Ek het hom daarvoor geblameer, want dit was 'n keuse wat hy gemaak het om nie sy medikasie te neem en verantwoordelikheid vir sy toestand te aanvaar nie.
Dit is 'n versteuring wat behandel kan word, maar hy het gese hy sal dit self beveg." Na 19 j van op- en afdraandes, duur psigia-triese besoeke, stres en onsekerheid, het Nina se man egter besef hy sal tussen medikasie en egskeiding moet kies. "Na twee jaar op medikasie, is die verande-ring in sy karakter niks minder as 'n wonderwerk nie. Die wonderlike man wat ek liefgehad het, het toe wel daar binne weggekruip en dit was die wag werd. Dinge is steeds nie maklik nie, maar daar is hoop. (Nina het 'n boek oor haar ervaring geskryf. A manic marriage word vandeesmaand uit-gereik.) Dave Turo-Shields is 'n outeur, universiteits-fakulteitslid, suksesbreier en psigoterapeut.
Hy se waar een party depressief is, is die kanse dat die huwelik in 'n egskeiding sal eindig nege keer groter as andersins. Hy se in 'n normale verhouding is daar 'n normale vloei van gee en neem, maar in die geval waar een party, bv die man, depressief is, moet die vrou meestal al die take oorneem wat gewoonlik op die man sou val. Afhangende van hoe lank dit aanhou, kan dit net te veel vir haar word. "Dit kan ook tot verwyte en minder simpatie met die depressiewe persoon lei. Baie vroue het al gese dit sou makliker gewees het om geskei te wees, want dit is soos om 'n enkelouer met 'n kind met 'n spesiale behoeftes te wees, tesame met al die ander verantwoordelikhede wat hulle moet dra." Hy bevestig dat die ondersteuner baie keer self depressie kan ontwikkel.
"As 'n mens konstant in 'n swaar, depressiewe atmosfeer leef, kan jy depressie aanleer. As ouer stel jy 'n voorbeeld aan jou kinders oor hoe om op te tree en as dit is waaraan hulle blootgestel word, kan hulle ook depressie ontwikkel." Wat om te doen? Dave se dis baie belangrik om te onthou dat die depressie (of ander geestesversteurings) die vyand is en nie jou maat nie. Dit is nie altyd maklik nie, maar dis noodsaaklik om die per-spektief te behou. As die depressie al lank duur, sal die depressie behandel moet word, maar die verhouding sal ook dringend aandag moet kry. Hy stel voor dat 'n ondersteuner soveel as moontlik inligting oor haar maat se toestand moet inwin om haarself te bemagtig. Leslie Zeigler, 'n kliniese maatskaplike werker/terapeut van New York, se dit is baie belangrik vir 'n ondersteuner om te besef haar "liefde" alleen is nie genoeg om haar maat uit die pyn te trek nie.
Sy beklemtoon dat dit belangrik is om geduldig en ondersteunend te wees, maar dit moet nooit ten koste van die ondersteuner se eie behoeftes wees nie. Sy gee die volgende wenke sodat die ondersteuner sy sinne en gesondheid kan behou: • Probeer by jou eie daaglikse roetine hou. • Gun jouself ook eie tyd en bederfies. As jou maat te sleg voel om te gaan fliek, wees aanvaardend en liefdevol, maar gaan alleen of nooi 'n vriendin. • As jou maat nie in terapie is nie, moedig hom aan om vir behandeling te gaan. • As jou maat bv 'n vakansie wil kanselleer, probeer steeds gaan, al moet jy dit alleen doen. • Kry vir jou iets om te doen buite jou normale roetine, soos kunsklasse. • Verstaan dat jou emosies kan wissel van liefde, deernis en begrip tot gevoelens van hul-peloosheid, hopeloosheid, ongeduld, irritasie, alleenheid en woede.
Ervaar wat jy voel en moet jouself nie daaroor oordeel nie. • Laat jou maat toe om in sy eie tyd gesond te word, met behandeling natuurlik. Cassey Amoore is die beradingsdiensbe-stuurder en skakelbeampte vir die Suid-Afri-kaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag). Hy beveel die volgende aan: • Help die persoon om uit te vind wat sy gees-tesversteuring is en kry hulp. Gaan saam met hom. • Vind uit of daar ondersteuningsgroepe in jul omgewing is - dit help om jul vrese en emosies met ander in dieselfde situasie te deel. • Leer alles wat jy kan oor die versteuring - hoe meer jy weet, hoe beter kan jy jou maat help. • Gee om en ondersteun jou geliefde - dit is baie belangrik vir sy herstel. Probeer die goeie in hom raaksien en onthou. • Laat die persoon toe om deel van jul lewe te wees - nuwe ervaringe sowel as dit waarvan hy vroeer gehou het. • Moenie die persoon probeer dwing om beter te voel nie.
Die gevoelens wat hy ervaar is waar. Hy is nie swak of lui nie. • Betrek die persoon by belangrike familiebe-sluite. Moet hom nie uitsluit omdat jy dink dit is te stresvol vir hom nie. Hanteer hom so normaal as moontlik. Belangriker nog: Luister na hom. • Ondersteun jou maat en herinner hom daar-aan dat daar hulp beskikbaar is en dat hy wel kan en sal beter voel. • Moenie die persoon soos 'n kind behandel nie. Help waar jy kan, maar moenie alles vir hom doen nie. Dit is belangrik dat hy vir homself goedjies doen. • Neem dit ernstig op as jou maat oor selfmoord praat en kry onmiddellik hulp. As jy vermoed dat jou maat aan 'n geestes-versteuring ly, spreek eers jou dokter, sodat hy eers kan vasstel of daar nie 'n fisieke oorsaak is wat sy gedrag sal verduidelik nie. As daar wel 'n geestesversteuring blyk te wees, sal jou dokter julle na die regte organ-isasie of spesialis kan verwys. Hoewel jy jou maat moet ondersteun, is dit net so belangrik dat jy nie jouself sal afskeep nie. Jou geestesgesondheid en die welstand van jou gesin is net so belangrik. \ I *Skuilnaam • Vir meer inligting oor Nina of ondersteuning vir bipolere gemoedsversteuring, besoek haar webwerf: www.bipolarsupporters.ning.com . Bel Sadag by 011 262 6396 of 0800 567 567, stuur 'n SMS na 31393 of besoek www.sadag.co.za • Bel Claire Newton by 031 261 7466 of besoek www.clairenewton.co.za
 

Our Sponsors

Our Partners