Print

Om die groter PDF weergawe oop te maak - kliek hier
To open the larger PDF version - click here

stap jouself stresvry

Gesondheid In vandag se tye is n lewe sonder stres seker te veel gevra, maar wat van 'n stresvrye uurtjie of so? En wat as jy sommer jou,, gesondheid in daardie uur kanT, erbeter? Rozamw [is het op die proef gestel of oefening haar stresvlakke verlaag. 'S trength of mind is exercise, not rest," het die Engelse digter Alexander Pope gese. Eers het ek aan Pope se woorde getwyfel, maar rid elke oefensessie, hetsy in die gimnasium of 'n vinnige stap op 'n groen voetpaadjie, was dit asof ek 'n druppel stres met elke druppel sweet verloor het. Ek het vier oefeninge gekies: Stap, draf, joga en gim en dit op die proef gestel. (Sien in die bystaande kassie watter een die beste vir stresverligting gewerk het.) Volgens prof. Elmarie Terblanche, voorsitter van die departement sportwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, is daar beslis 'n verband tussen verminderde stresvlakke en oefening. "Stres kan verminder of beheer word deur gereeld oefening te doen. Maar meer en harder oefening sal nie stres noodwendig meer verminder nie. Die geheim is om gereeld te oefen." Meryl da Costa van die SuidAfrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) stem saam. "Wanneer jy senuagtig, kwaad of ontsteld voel, kan jy met oefening of fisieke aktiwiteit van die spanning ontslae raak. "Hardloop, stap, speel tennis of doen 'n bietjie tuinwerk - dit is maar net van die goed wat jy kan probeer," stel sy voor. "Oefening sal jou help om te ontspan." Sadag benadruk op hul webblad die belangrikheid om te onthou dat jou liggaam en kop saamwerk. Soos tande horse( Oefening, se Terblanche, moet vir jou soos tande borsel word: ly moenie wonder of jy dit wil of gaan doen nie. Dit moet elke dag gedoen word." Maar hoe werk die verband tussen oefening en stres? "Stres gaan gepaard met die afskeiding van streshormone, waarvan kortisol die belangrikste is," se Terblanche. "Hoe hoer jou stresvlakke, hoe hoer is jou kortisolvlakke. Chroniese hoe stresvlakke en dus chroniese hoe kortisolvlakke lei tot allerhande siektes en toestande soos onder meer hartsiektes, lae immuniteit, siektes van die spysverteringskanaal en ook die oormatige storing van vet - al hierdie toestande veroorsaak dan nog meer stres." Oefening verlaag jou kortisolvlakke en lei tot die afskeiding van goedvoel-hormone soos serotonien, dopamien en endorfiene. Hierdie stowwe verminder jou persepsie van pyn en bevorder slaap en jou immuniteit. Uur se stap of hoe intensiteit? "Sommige oefeninge werk beter vir sekere mense en ander oefeninge werk weer beter vir ander mense," se Terblanche. "Dit verskil van mens tot mens." "Vir sommige mense sal 'n uur se stap met die hond net soveel waarde he as 'n strawwe sessie in die gimnasium vir ander mense," se sy. Sekere oefeninge is ook nie noodwendig beter vir mans as vir vroue nie. "Oefening is oefening," se Terblanche. Die beste vir my was die goedvoel-effek wat onmiddellik ingeskop het, omdat endorfiene tydens oefening afgeskei word en 'n tyd lank rid die oefensessie hoog bly. "'n Strawwe oefensessie sal jou waarskynlik vir 6 tot 12 uur daarna beter laat voel. Daarom moet ons elke dag oefen," benadruk Terblanche. Maar, voeg sy by, daar is sekere aspekte wat enige soort oefening geld om te verseker dat dit help om jou stresvlak te verminder. Die plek waar jy oefen moet afgewissel word. Moenie elke dag dieselfde paadjie in die buurt gaan stap nie. Soms is dit selfs die moeite (en geld) werd om na 'n plek to ry om 'n verandering in omgewing to ervaar - dalk 'n natuurreservaat, die see, of 'n ander buurt. Wissel die soort oefening A Die belangrikste is dat jy minstens vir 'n uur per dag iets doen wat jou harttempo verhoog. Oefen soveel moontlik buite. Moenie die weer as verskoning gebruik om nie to oefen nie. Doen 'n oefening waarvan jy hou. Of dit joga of 'n kragsessie by die gimnasium is, maak nie saak nie. Moenie oefeninge doen omdat iemand se dis die beste oefening om gewig te verloor, stres te verminder of spiere te versterk nie. As jy oefening wil gebruik om stres te verminder, kan jy enigiets doen waarvan jy hou. Wanneer iemand regtig hoe stresvlakke het, help dit om aktiwiteite te doen wat hulle fisiek en geestelik uitdaag. Dit kan iets nuuts wees, wat beteken jy moet nuwe vaardighede aanleer, of dit kan 'n mededingende aktiwiteit wees waar jy ander mense ook in ag moet neem. Dit beteken jy sal 'n tyd lank heeltemal op die aktiwiteit moet konsentreer en jy gaan nie tyd he om aan probleme of werk te dink nie. Die belangrikste: Los al jou elektroniese speelgoed by die huis. Dit sluit spesifiek ook musiek in. Haal die proppe uit jou ore en fokus vir 'n uur net op die geluide en die omgewing om jou. Laat jou gedagtes vryelik dwaal. Moenie aan iets spesifieks dink nie en moenie 'n antwoord op 'n probleem probeer soek terwyl jy oefen nie. Die grootste waarde van oefening is juis dat jy in hierdie tyd jou brein 'n ruskans gee. As jy hulp benodig of bekommerd is oor die stresvlakke van iemand wat jy ken, kan jy Sadag by 0800 567 567 skakel. Bykomende bronne: B.L. Seaward: Managing Stress: Principles and Strategies for Health and Well-Being; Centers for Disease Control and Prevention; Physical Activity for Everyone: The benefits of physical activity. Op die proef gestel Joga: Van alles wat ek probeer het, het joga die beste gewerk om my gedagtes te laat stilraak en van die wereld af te sluit. Vii 'n uur lank was dit asof my sties met elke beweging verder weg van my gestoot is. Die gevoel het ook lank met my gebly. Hardloop: Ongelukkig het ek musiek nodig gehad om my aandag af te lei (van die pyn) en kon ek dus nooit heeltemal afskakel of absolute bewustheid geniet nie. Dit was goed om te ontlaai, maar dit het nie die blywende rustigheid by my gewek soos joga nie. Stan: Die lekker ding van stap is dat daar so bale roetes is om van to kies — jy kan dus elke keer 'n nuwe een verken en jouself so uitdaag — of jy kan jou gunsteling-roete weer en weer uittrap. Saam met die vars lug is dit lekker om jou kop skoon to kry. Gim: Die gimnasium is 'n tameletjie — daar is aerobiese klasse wat jou uitdaag en laat sweet, of jy kan jou op die trapmeule probeer motiveer. Vir stres werk groepklasse beter. Aileen op die statiese fiets het jy net hopeloos to veel tyd om to dink. Daarenteen was die aerobiese klas groot pret.