THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

Wanneer spanning kop uitsteek, is dit belangrik om dit raak te sien en te oorkom. Hier is ’n paar voorstelle. Namate jy meer verstaan oor hoe stres jou beïnvloed, sal jy met maniere vorendag kom om dit te verlig.

 

Oefen

 

Raak ontslae van die druk wanneer jy senuweeagtig, kwaad of ontsteld is met oefening, soos hardloop, stap, tennis of tuinwerk. Oefening raak ontslae van daardie “opgewende” gevoel, laat jou ontspan en glimlag. Onthou, jou liggaam en verstand werk mooi saam wanneer jy oefen.

Deel jou stres

 

Dit help om met iemand oor jou bekommernisse te praat. Dalk ’n vriend, familielid, onderwyser of berader wat jou kan help om die probleem in ’n ander lig te beskou. As jy voel jou probleem is ernstig, kan jy by ’n professionele sielkundige, psigiater, maatskaplike werker of ander geestesgesondheidswerker aanklop. As jy weet wanneer om hulp te kry, kan dit dalk ernstige probleme verhoed.

Ken jou perke

 

Moenie teen die situasie baklei as ’n probleem buite jou beheer is en nie op daardie oomblik verander kan word nie. Leer om te aanvaar wat is – vir eers – tot jy dit wel kan verander.

Kyk na jouself

 

Jy is spesiaal. Rus genoeg en eet gesond. As jy prikkelbaar en gespanne is weens ’n gebrek aan slaap of omdat jy nie reg eet nie, sal jy nie stresvolle situasies goed kan hanteer nie. En as stres jou herhaaldelik uit die slaap hou, moet jy jou dokter vra om te help.

Knyp tyd af tyd vir pret

 

Ruim tyd in vir werk én plesier. Om te ontspan is net so belangrik vir jou welstand as om te werk; jy het ’n blaaskans nodig van jou daaglikse roetine om net te ontspan en pret te hê.

Neem deel

 

Een manier om verveling, hartseer of eensaamheid te voorkom, is om te gaan na daar waar dinge gebeur. Dit kan jou frustreer om alleen by die huis te sit. Pleks dat jy jou bejammer, raak betrokke. Bied jou diens in jou buurt of by vrywilligersorganisasies aan. Help jouself deur ander te help.

Raak betrokke by die wêreld en ander mense en jy sal agterkom dit trek mense tot jou aan. Jy gaan beslis so nuwe vriende ontmoet en nuwe ervarings geniet.

Takel daai doenlysie

 

Dit kan oorweldigend raak om na alles gelyktydig om te sien en gevolglik kan jy dalk voel dat jy niks bereik nie. Maak ’n doenlysie en takel een ding op ’n slag en trek elke taak dood nadat jy dit afgehandel het. Maak die belangrikste goed ’n prioriteit en doen dit eerste.

Moet jy altyd reg wees?

 

Ontstel ander mense jou, veral wanneer iets nie verloop soos jy wil hê nie? Beproef samewerking pleks van konfrontasie; dis beter as om te baklei en altyd “reg” te wees. ’n Bietjie tegemoetkoming aan albei kante sal die spanning verlig en albei gemakliker laat voel.

Dis oukei om te huil

 

’n Ordentlike huilsessie kan ’n gesonde manier wees om angstigheid te verlig en selfs ’n hoofpyn of ander fisieke gevolge verlig. Haal diep asem; dit verlig ook spanning.

Skep ’n stil ruimte

 

Jy kan nie altyd weghardloop nie, maar jy kan “die onmoontlike droom droom”. Jy kan jou weg uit die beroering of ’n stresvolle situasie dink deur aan ’n stil, rustige plattelandse toneel of skildery te dink. Lees ’n boek of speel mooi musiek om ’n gevoel van rus en vrede te skep.

Vermy selfmedikasie

 

Jy kan voorskrif- of nie-voorskrifmedikasie gebruik om stres tydelik te verlig, maar dit raak nie ontslae van die toestande wat in die eerste plek die stres veroorsaak het nie. Dit moet slegs op doktersaanbeveling geneem word.

SADAG, die Suid-Afrikaanse Depressie en Angstigheidsgroep, het elke tweede Vrydag ‘n gratis geselssessie op hul Facebook-blad waar ‘n platform geskep word en enigiemand ‘n vraag aan ‘n sielkundige en/of psigiater kan vra. Die eerste sessie begin 13:00 en die tweede is om 19:00. Dis ‘n pret en interaktiewe manier vir veral jongmense om kwessies met kundiges te bespreek.

Our Sponsors

Our Partners