THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

Kersfees is 'n tyd van familie, vreugde en omgee vir mekaar. Ongelukkig is dit nie vir almal die geval nie en party mense sien vir weke op teen die alleenheid wat hierdie tyd vir hulle simboliseer. Elna* (22) van Durban wil eers nie praat oor dit wat sy verlede jaar Desember deurgegaan het nie. Die seer en verwyt le nog vlak in haar gemoed. Sy kan steeds nie glo sy was so naby aan die afgrond nie. "Ek het deur 'n baie moeilik tyd gegaan. My ou het my na 'n verhouding van drie jaar gelos die dag voor ek my grootste voorlegging van die jaar moes doen. "Ek het die voorlegging gedoen, maar kon nie kop of stert uitmaak wat aangaan nie. Dit het gevoei asof my hele wereld inmekaar gaan tuimel. "Ek kon nie by die werk funksioneer nie. Ek wou nie eers in die oggend opstaan nie. Ek wou net van die pyn ontslae raak. Ek het gevoei ek is - niks werd nie en daar is nie hoop vir my nie."

Elna het die mislukking van haar verhouding glad nie verwag nie. "In daardie stadium het dinge boonop baie sleg by my ouerhuis gegaan. Dit het gevoei of ek tuis ondersteuning moes bied terwyl ek met duiwels van my eie moes worstel. Voor my gesin het ek gemaak of niks fout is nie, want hulle het deur 'n groter krisis gegaan as ek wat my kerel verloor het." As sy vandag terugkyk, weet sy steeds nie hoekom sy dit so intens ervaar het nie. Haar gevoelens is vererger toe sy na die tyd dinge oor haar eks moes uitvind wat dit swaarder gemaak het om aan te beweeg. "Hy het my verneuk. Die vernedering was te groot vir my." Om haar het Jingle Bells in die helder verligte winkelsentrums gespeel, maar sy het breekpunt bereik. Die Kerstyd het haar de-pressie net vererger. "Ek dink die verhouding was te intens vir my ouderdom," se sy. "Dit het seergemaak toe ek baie dinge van horn uitvind wat ek glad nie geweet het nie. Hoe kon ek so blind gewees het?"

Elna het aanhoudend selfvernietigende ge-dagtes gehad. "Ek het probeer om so min as moontlik by die huis te wees, sodat niemand kon agterkom dat ek regtig besig is om agteruit te gaan nie." Na vele verskonings het sy haar ouers oortuig om haar op Kersdag alleen te los. "Ek kon nie wag totdat hulle in die kar klim nie. Ek het eers met vriende en familie gepraat, hulle 'n geseende Kersfees toegewens en toe pille gesluk. "Dit was aaklig, maar dit was gelukkig nie genoeg nie. Ek het weggeraak. Ek was in 'n dwaal en het gehuil toe ek wakker en besef dit het nie gewerk nie. "Ek het naar geword en opgebring en gebid dat die gevoei net sou weggaan. My ouers het heelwat later by die huis gekom, maar ek het in my kamer weggekruip, want ek het soos 'n mislukking gevoei." Na die eerste selfmoordpoging het Elna steeds deur hel gegaan. "Ek het net na Nuwejaar vir die tweede keer probeer. Ek wou myself in my motor vergas. My ouers het geslaap. Ek het seker net begin wegraak toe iemand die deur oopgeruk het. Dit was my beste vriendin, wat 'n word voorgevoel gehad het lets is tout. Na 'n lang tranesessie het Elna haar vrien-din belowe sy sou dit nie weer doen nie, maar dit was net 'n lee belofte.

"Die volgende dag het ek steeds nie die moed gehad om die lewe in die oe te kyk nie en het na elke apteek in die omgewing gery om slaappille te bekom." Elna het vir 'n derde keer in twee weke probeer om selfmoord te pleeg. "Die keer was ek egter nie so gelukkig nie. Toe my ma by die huis aankom, het sy my op die teelvloer gevind." Elna is in die hospitaal opgeneem en sy het na haar herstel berading ontvang. "As ek terugkyk besef ek ek moes vroeer hulp gekry het en tog met my ouers gepraat het. Vandag voel ek skaam en kan nie glo ek het dit gedoen nie. Ek is na 'n lang stryd nou weer myself. "Ek weet nie wat ek hierdie Kersfees gaan doen nie, maar ek sal dit beslis vanjaar saam met vriende en familie deurbring. Ek sal sorg dat daar mense om my is. "Omring jouself met geliefdes tydens Kersfees. enie alleen wees as jy weet jou gedagtes loop in die verkeerde rigting nie. Niks of niemand is jou lewe werd nie en moenie dat iemand anders jou vertel jy is nikswerd nie," is haar raad.

M y man het my na 20 j van getroude i lewe vir 'n veel jonger vrou gelos," Ivertel Susan* van Kaapstad. "Ons was kinderloos en na die egskeiding was ek totaal ontredderd. Ek onthou nog my eerste Kersfees daarna so goed. Die eensaamheid, die gesmag na iemand om mee te praat... "Op die dag wat die wereld die Verlosser se koms gevier het, het ek my selfmoord haarfyn beplan. Ek het 'n oordosis pille gesluk, maar in die hospitaal wakker geword. "My suster en haar man het my gevind ... Ek was dankbaar toe ek wakker word en ek het terapie gekry. Die volgende feestyd het die depressie egter weer op my toegesak en weer het ek gedink dit sal beter wees om net weg te wees; weg van die pyn en die alleenheid. "My selfmoordneigings het jare aangehou, maar gelukkig het ek by 'n sielkundige uitge-kom wat my waarlik gehelp het. "Ek is vandag steeds alleen, maar ek het 'n wonderlike besige lewe en 'n fantastiese on-dersteuningstelsel in my familie en vriende. Ek lei 'n vol lewe en geniet nou weer die feestyd. Ek fokus nou bale op die Christelike aspek daarvan en geniet dit om heerlike Kerspartytjies vir my vriende te hou.

"Dit klink dalk of die pad maklik was, maar dit is 'n moeisame pad om selfmoordneigings te oorkom. Gelukkig is die lewe nou weer vir my mooi..." Tyd van depressie Cassey Amoore, bestuurdervan berading-dienste by die Suid-Afrikaanse Angs- en De-pressiegroep (Sadag) se soms veroorsaak omstandighede dat die vakansie eerder 'n tyd van spanning en depressie as 'n tyd van geluk en vrolikheid is. "Kersfees en Nuwejaar is 'n moeilike tyd vir duisende mense regoor die land. Gewoonlik is dit 'n tyd van vrolike familie-byeenkomste, maar vir die wat alleen is, beteken dit wanhoop," se Cassey. "Sommige mense het 'n geliefde verloor of is deur 'n egskeiding en moet Kersfees vir die eerste keer sender mense om hulle deurbring. Kersfees word dan 'n pynlike herinnering aan hul verlies. Vir hulle is daar min hoop dat Kersfees vreugde gaan bring." Dr Ryke Liebenberg van Johannesburg se die realiteit van alleen wees is bale groter oor die feestyd. "Mense moet verlof neem oor Kersfees en dit beteken lee dae wat hulle moet vul." Dr Ryke se daar is ook mense wat aan gemoedstemmingdepressie ly.

"Die lyers se depressie kan in die tyd vererger." Volgens Cassey word selfmoord 'n op-sie wanneer mense vir 'n lang tyd depres-sief of verskriklik alleen is en glo dat hulle bitter min het om voor te lewe. Maak dit makliker Dr Ryke raai mense aan om iets vir hulself vir die Kerstyd te beplan. "As jy 'n Christen is en jy glo in Kersfees, beplan iets soos om die Heilsleer vir die dag te gaan help. Doen iets vir liefdadigheid. As jy nie gelowig is nie, moet dan nie Kersfees vier nie. Hou 'n ander soort vakansie en behandel Kersdag soos enige ander dag." Cassey se depressielyers moet dit oorweeg om weg te breek en te ontspan. "As hulle dit nie kan bekostig nie, moet hulle iets doen wat die ware betekenis van Kersfees vir hulle weerspieel. "As hulle Kersfees alleen deurbring, moet hulle dit oorweeg om self 'n lekker maaltyd voor te berei of die feesvieringe by 'n kinderhuis of ouetehuis te gaan bywoon. "Gaan lees 'n boek vir mense voor wat in die hospitaal is en geen besoekers kry nie of gaan bied hulp by 'n hospies aan, selfs al antwoord 'n mens net die telefoon of bedien middagete. "Bied jou dienste by die DBV aan wat oor Kersfees met die minimum personeel moet klaarkom. Of vind uit waiter aktiwiteite jou plaaslike kerk beplan. "Hierdie klein goedjies is 'n goeie manier om iets produktiefs te doen en aan die ge-meenskap terug te gee. Boonop put jy vreugde daaruit, want jy help iemand anders," se Cassey.

Volgens Cassey is dit belangrik om dadelik met iemand te gaan gesels as jy vermoed hy oorweeg selfmoord sodat jy kan agterkom of hy ernstig daaroor is. "Kyk na die erns van sy plan, 'n Reguit vraag (omdatjy vir die persoon omgee) oor selfmoord gaan nie iemand laat selfmoordgedagtes kry nie. "Maak seker hy het nie toegang tot hulpmid-dels wat skade kan berokken, soos messe, wapens, alkohol of pille nie. In ernstige gevalle moet jy so gou as moontlik 'n hospitaal, sielkun-dige of berader kontak. "Bel Sadag en gesels met 'n opgeleide berader wat vir jou raad asook verwysings na hospitale, klinieke, dokters, sielkundiges en ander niewinsgewende organisasies kan gee," raai Cassey aan. "Moedig die persoon aan om hulp te soek. Bied jou emosionele ondersteuning aan en laat hom weet jy gee om." Cassey se dit is bale belangrik om enige dreigemente of suggesties van selfmoord ernstig op te neem. Waarskuwingstekens Tekens van depressie waarna opgelet moet word:

• Aanhoudende terneergedruktheid. • 'n "Lee"gemoed. • Verloor belangstelling in stokperdjies en aktiwiteite wat eers lekker was. «'n Gevoel van hopeloosheid en pessimis- me. • Intense skuldgevoelens en "nikswerd"-gevoelens. • Slapeloosheid of slaap te veel. • Afname in energie, voel moeg en afge-rem. • Verhoogde gebruik van pille of alkohol. • Gedagtes oor dood of selfmoord. • Praat daaroor om 'n einde aan hul lewe te maak of selfmoord te probeer. • Sukkel om belangrike inligting te onthou. • Verbrokkeling van sosiale verhoudings. VI * Skuilname • Sadag se selfmoordhulplyn: 0800 567 567 of 011 262 6396 of stuur 'n SMS na 31393. • Lifeline-hulplyn: 0861 322 322 • Besoek www.anxiety.org.za

Our Sponsors

Our Partners