Print

Die dans van my gemoed

As niemand kan sien jy is siek nie Leer om jouself te aanvaar en lief te kry Medikasie en leefstylkeuses Ma-wees, liefde en geluk is jou beskore deur Riette Rust van my gemoea Vir lank was die skrywer Rahla Xenopoulos se lewe J 'n balanstoertjie tussen sin en waansin. Totdat sy uiteindelik 1 gediagnoseer is en haarself leer aanvaar het. Dit is haar storie IRahla Xenopoulos saam met haar wonderwerk-drieling, Gidon, Tallulah en Samuel. ie vrou met die donker krulhare en groot bruin oe maak die voordeur van haar huis in Seepunt oop. Haar vel is so glad en vlekkeloos dat dit deurskynend lyk. Byna asof Rahla Xenopoulos nie van hierdie wereld is nie... Aan haar hand is klein Tallulah (4), een van haar wonderwerk-drieling, in 'n feetjierok.
Sy lyk nes haar ma, net blond. Rahla gaan sit met haar kind op haar skoot in die ruim oop-plan-sitkamer met die reuse-kunswerke en baie boekrakke. Sy skink groentee uit 'n porselein-teepot wat warm gehou word met 'n kersie en sit 'n groot bord gesnyde vrugte van baie kleure en teksture voor. Tallulah huil net een keer toe sy my vurk wil gaps en haar ma sag maar ferm se: "Dis nie goeie maniere nie." 'n Doodgewone ma met 'n goed gedissiplineerde kind? Ja, maar ook nie. Want Rahla (40) is 12 jaar gelede, na jare se ver-keerde diagnoses, met bipolere gemoedstoornis gediagnoseer. Eers moes sy hoor sy ly aan aandagafleibaarheid, is dislek-sies, anoreksies, bulimies en de-pressief. Al was haar pa 'n psigia-ter was daar destyds min bekend oor haar toestand, maar hy het wel agtergekom sy dogter is de-pressief.
Rahla besef nou hy was self bipoler. So het hy eendag die swembad vol badskuim gemaak, en ander kere moes die gesin sy matriekuitslae gaan vier - 30 jaar nadat hy dit verwerf het! Rahla beskryf haar geboorte-gesin as "Joods, liefdevol en eksentriek". Sy sou nie die stryd kon aanpak sender hul liefde en ondersteuning of die van haar man, Jason, nie. (Jason is 'n dokumentere filmmaker.) Dis hartseer dat dit vandag steeds gemiddeld agt tot twaalf jaar neem om bipolere gemoedstoornis te diagnoseer, vertel Rahla. Daar's 'n tekort aan psi- giaters en boonop min oor die siekte geskryf. En dan is daar die stigma, onder meer omdat die gedrag van mense met geestes-afwykings dikwels onvoorspel-baar is en ander laat skaamkry.
Rahla is deesdae teen alle verwagtinge in 'n suksesvolle skrywer. Sy is besig met 'n roman - "'n ware verhaal van 'n meisie wat in 1948 vermoor is"- en 'Dis hartseer dat dit 8 tot 12 jaar neem om bipolere stoornis te diagnoseer7 - Rahla Xenopoulos vertel sy het begin skryf om dit vir ander mense makliker te maak om haar siekte te verstaan. In haar eerste boek, A memoir of love and madness — Living -with bipolar disorder (Oshun Books, 2009), vertel sy die storie van 'n doodgewone vrou, "soms te hartseer om tande te borsel, soms te waansinnig om te eet".
Ek het lank gesukkel om myself te aanvaar en lief te he oor die siekte en sy onbeheerbare buie. Al pryk my foto op my boekomslag, is ek soms nog skaam dat ek dit het... Voor ek die regie medikasie begin gebruik het, kon ek nie in die gewone wereld funksioneer nie. Wanneer ek nie manies was en gevoel het of ek op kokaien is en voortgedryf word deur onblusbare energie nie, was >
myself < ek met donkerte omhul, stil en stagnant. lets soos die lui van die telefoon of net hondepote se getip-tap op 'n houtvloer kon my senuwees aan flarde skeur. Een van die ergste kenmerke van 'n geestesafwyking is dat niemand kan sien jy's siek nie. As - Rahla Xenopoulos hulle nie bloed of gebreekte bene sien nie, het hulle nie simpatie nie. Op elf het ek my met glas begin sny. Dan kon 'n mens ten minste sien ek het pyn, die bloed afvee en 'n pleister opplak. Die selfskending het, met onderbre-kings, voortgeduur totdat ek in die dertig was. Vandag het ek oral letsels. As kind het ek nie vriende gehad nie.
"Tania" was my ver-beeldingsmaatjie. Ek was hiper-aktief, moeilik en kon weens dis-leksie en aandagafleibaarheid nie op my skoolwerk konsentreer nie. Wanneer dit gevoel het of alle hoop en goeie dinge my lewe verlaat het, het 'n ou man aan my verskyn. Dit het nie saakgemaak wat ek gedoen het nie, hy het my lelik uitgelag en gespot. Al was hy net in my kop, het hy werk-lik vir my bestaan. Hy het in 'n stadium verdwyn, maar weer verskyn totdat ek in die dertig was. Dit was spookagtig. Van jongs af het ek besef iets is verkeerd met my. Op 13 het ek 'n hele boks Ritalin (medikasie vir aandagafleibaarheid) gesluk. I Dit was meer 'n noodkreet as I dat ek dood wou wees... I Ek was in en uit by hospitale ! se psigiatriese afdelings en i inrigtings en het nie matriek i voltooi nie.
Later het ek in 'n i winkel en droogskoonmakery i gewerk en vir kleintjies skoolge- | hou. Niks het lank gehou nie. ! Ek het dagga gerook en i van tyd tot tyd te veel Tequila ! gedrink. Wanneer jy manies i is, is jy so hoog; jy voel of jy i kokaien gebruik. Jy probeer die i heerlike gevoel naboots met i dwelms of alkohol. i 'n Groot nadeel van manies I wees is dat jy nie kan of wil ! slaap nie en vergeet om te eet. j Ek was anoreksies en moes van I vooraf leer eet. Daar is mense i wat weens die uithongering i sterf. In tye van depressie het j ek weer aan bulimic gely. Die I siektes het oor selfhaat gegaan. i Tydens my maniese fases het I ek ook verskriklik aan die koop I gegaan, veral honderde lipstiffies j en naellak. My ouers, en later I my man, het my skuld betaal. i Omdat ek op 'n skuldswartlys is, kan ek tot vandag toe nie eens self 'n tjek bank nie. In die maniese fase het ek eenkeer 'n vriend met wie ek 'n blyplek gedeel het, se klere ingepak en horn uit sy eie pick gegooi! Jason het my al vieruur in die oggend in my nagklere op straat gekry - nadat ek al die bure se roosbome gesnoei het... Toe die psigiater uiteindelik se ek is bipoler met obsessief-kompulsiewe neigings, was ek woedend. Ek het nie geweet wat hy met "bipoler" bedoel nie.
Ek het gewonder of hy se ek is mal. Obsessief-kompulsief was ek beslis. Ek het alles in my kaste in goue Chanel-bokse gesit. Ek het hope grimeermiddels gekoop net vir die bokse. Daar was 'n boks vir alles; een vir pienk bra's, 'n ander vir geleerde kouse... Al my klere was vol-gens kleur gerangskik. Nog 'n neiging is dat my wereld klein moet wees. Ek drink steeds graag tee uit my klein teestelletjie en skryf met 'n babapen in 'n miniatuur-dagboek. Dit laat my veilig voel.
Ek het verlig gevoel toe my medikasie begin werk en ek my diagnose aanvaar. Verlig dat my optrede nie my skuld is nie, dat ek nie destruktief of 'n bedorwe brokkie is nie. Ongediagnoseerd sou ek seker 'n dwelmverslaafde gewees het... Dokters het my afgeraai om kinders te he. Dit was verskriklik, want ek het nog altyd geweet ek is van nature 'n ma. Ek sou tydens my swangerskap my medikasie tydelik moes staak - en ek kon 'n gevaar vir my en die kind wees. Daar is ook > 'n groot kans dat ek die siekte aan my kinders kan oordra. Ek en Jason het besluit om die kans te waag. Ja, dis 'n groot verantwoordelikheid en ek was bang ek bring nog 'n mens met die stoornis in die wereld. Maar wat sou die wereld nie gewees het sonder bipolere lyers soos Mozart, Vincent van Gogh, Sylvia Plath, Virginia Woolf en Abraham Lincoln nie! Terwyl ek probeer swanger raak het en dus nie medikasie gebruik het nie, het Jason se geliefde broer, Greg, gesterf. Dit was te veel vir my. Jason het my in 'n gegeurde bad met 'n mes aangetref.
Ek het my poise gesny - ek wat verskriklik lief is vir die lewe en bloed haat. Dit was 'n dag voor sy verjaardag... Ondanks die terugslag en na twee in vitro-pogings, is ons drieling - Gidon, Tallulah en Samuel - gebore. Ek en Jason kyk fyn vir tekens van bipolariteit by ons kinders. Sover gaan dit goed. Ons leer hulle vaardighede om te kan cope. Hulle neem joga en weet hoe om reg asem te haal en te ontspan. Ons het hulle ook geleer om hul gevoelens deur kuns en spelterapie uit te druk. Ek leef gesond en volgens 'n roetine, want dis hoe jy die che-miese wanbalans in jou liggaam probeer balanseer. Die toestand gaan met genoeg onstabiliteit gepaard. Ek gaan slaap tienuur saans, eet gesond en ons stap baie. Ek boks ook gereeld; ek hou van die sport se ritme. Ek drink en rook nie. Na soveel jaar van sukkel om myself lief te kry is ek goed vir myself. Ek gaan fliek soms alleen en eet dan 'n boks springmielies, of koop geurige kerse of blomme. Al is ek bipoler, kan ek tog al die lewe se liefde, geluk en poetry ervaar, besef ek nou.
Die beste wat 'n mens kan doen, is om die waarheid te leef. B Vir meer inligting Kontak die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG): 080 070 8090 (tolvry); www.sadag. co.za. Besoek ook www.bipolar.co.za Bipolere gemoedstoornis laat jou gemoed, energie en gedrag van een uiterste na die ander bons, se Linda Trump, voorsitter van die Johannesburgse Bipolere Vereniging. • Daar is verskillende soorte - soms is die maniese fase byvoor-beeld matiger en word dit afgewissel met de-pressie. Daar is deesdae 'n groter bewustheid van die toestand, maar dit kan steeds jare neem voordat dit gediagnoseer word. isDie presiese oorsaak is onbekend, maar ver-skeie faktore speel 'n rol: Dis 'n chemiese wanbalans in jou brein wat met medikasie reg- gestel kan word. Die siekte is ook oorerflik. Dit begin gewoonlik as jy 'n tiener of jong vol-wassene is. «• Nageboortelike de-pressie kan tot 'n bipolere fase lei. Psigiaters beveel aan dat jy twee jaar stabiel is voor jy swanger raak. Daar is medikasie wat jy tydens jou swangerskap kan gebruik, maar jou psi-giater moet dit monitor. • Stres speel 'n rol.
Groot opwinding kan die manie vererger. 'n Krisis soos as jy jou werk verloor of huwelikspro-bleme het, of as iemand na aan jou sterf, kan depressie erger maak. Die toestand kom dik-wels voor wanneer die seisoene verander. Mense met die toe-stand misbruik dikwels dwelmmiddels of alko-hol in 'n poging om beter te voel. Sowat 20% pleeg selfmoord. Jou kanse om weer siek te word, vergroot met elke maniese of depressiewe fase. • Dit is dus belangrik dat jy jou medikasie gebruik, al voel jy beter. Die toestand moet ook so gou moontlik gediagnoseer word: Dit kan goed beheer word met medikasie. ;K 'n Gesonde, geroeti-neerde leefstyl is nood-saaklik. Linda beveel Omega 3- en foliensuur-aanvullings aan. "Dit is 'n buffer vir jou brein teen depressie."