Print

VROUEKEUR

menswees 'n Eensame nasie deur TANYA DE VENTE-BIJKER Byna 60% van Suid-Afrikaners voel dat alleenheid hulle oorweldig anita van Zyl* haat naweke, vakansies en vry dae. Haar werk is bale eentonig, maar sy sal veel eerder gaan werk as om by die huis te wees. "Ek erken eerlik ek is vreeslik eensaam. Naweke beteken vir my net alleen-heid en niksdoen. Ek is geskei en omdat ons nie kinders gehad net nie. het ek niemand in my lewe nie. Ek voel baie alleen." Karina Jansen* kan met Janita assosieer, maar om ander redes. Na haar studies in Kaapstad het sy agter haar groot liefde aan Pretoria toe verhuis. Hoewel haar vriend se familie haar goed ontvang het, het sy haar eie familie en vriendekring gemis.

Haar verlange is vererger toe haar geliefde haar slegs twee maande na haar aankoms in Pretoria soos 'n warm patat gelos het. Sy was skielik alleen en sender haar ondersteunings-netwerk in 'n groot stad. Sy wil nie tou opgooi en terugkeer Kaapstad toe nie. Sy is immers gelukkig by haar nuwe werk. Aande en naweke is egter nou vir haar bitter eensame tye. Waar sy gewoonlik naweke tyd saam met haar gesin en familie deurgebring en veral Sondae groot familiekuiers gehad het. is sy nou in 'n eenman-woonstel op haarself aangewese. Annet Mouton* se kinders het weer na Au-stralie geemigreer. "Ek het darem nog my man by my. maar ek mis my kinders en kleinkinders verskriklik. Ek het niemand meer om Sondae vir ete oor te nooi nie en dit ontstel my. Ek huil my dae om en voel skoon vervreemd van alles en almal. My man verstaan dit nie. Hy kan nie dink dat ek kan eensaam voel met horn in dieselfde huis nie." Die wereld vereensaam Baie Suid-Afrikaners sal met die drie vroue se verhaal kan identifiseer.

In 'n studie wat verlede jaar gedoen is, is daar bevind sowat 56% van Suid-Afrikaners voel alleen. Kim Foster, 'n kliniese sielkundige van Kaapstad. se daar kan verskeie redes daarvoor wees. "Die druk van die lewe in die moderne wereld skep 'n konteks vir alleenwees en eensaamheid. Nog faktore sluit in die hoe egskeidingsyfer, jongmense wat vir hul werk verhuis en 'n tekort aan gewone menslike sosiale netwerke (teenoor sosiale netwerke op die internet)." Dr Benita Perch, 'n mediese dokter en naturopaat. stem saam met Kim. "Ek dink een van die baie redes hoekom so baie Suid-Afrikaners alleen voel, is omdat ons in hierdie globale digitale era ons sin vir gemeenskap verloor het.

"Die plaaslike kafee en apteek, waar almal mekaar geken en persoonlik gegroet het, is uitgefaseer. Vandag is daar apteke binne win-kels en kos is sommer klaar voorberei en reg vir die mikrogolf." Dr Benita se mense bestee hul tyd deur mekaar te e-pos en SMS in plaas van om 'n telefoon op te tel of iemand in lewende lywe te ontmoet. Sy glo ook emigrasie speel 'n gewel-dige groot rol in die vereensaming van mense. "Ek dink die krag van 'n mens se stem of aanraking word onderskat. Ons gemeenskap-pe het ontbind. Daar was 'n tyd wat jy met jou nefies, niggies, ooms, tannies asook jou oupas en oumas om jou grootgeword het. Generasies het nie tyd gehad om alleen te voel nie omdat hulle te besig was om mekaar te help en saam te wees. Met emigrasie word ouers en grootou-ers agtergelaat en families word geskei." As gevolg van die vigsepidemie hel Suid-Afrika ook 'n middelgenerasie verloor en baie mense moes werk in groot stede gaan soek - alleen en weg van hul familie.
Zane Wilson, stigter van die Suid-Afri-kaanse Depressies- en Angs-groep (SADAG), se dis nie net eenlopendes wat alleen voel nie. "Jy kan ook in 'n verhouding alleen voel. Soms is mense in 'n afbrekende verhouding of hul maat is baie weg vir sy werk. "Die mens wil goeie en slegte tye met die mense om hom deel. As jy nie 'n sterk onder-steuningsnetwerk van vriende of familie het nie, voel jy geisoleerd." Volgens Zane help Sadag veral mense wat so alleen is dat hulle deur depressie of angs oorweldig word. Word deel Bale mense weet nie hoe om alleenheid te hanteer nie.
Dit is 'n baie negatiewe gevoel wat meestal met 'n afname in selfvertroue en lewenslus gepaardgaan. Jy kan ook gevoelens van woede, irritasie en hulpeloosheid ervaar. Kenners se hoe gouerjy jou simptome raak-sien en iets daaraan doen, hoe vinniger kan jy begin beter voel. Hierdie negatiewe gevoel is sleg vir jou gesondheid - fisiek en geestelik. Maar hoe gemaak as jy so voel? Wat meet en kan jy doen? Kirn verduidelik 'n sekere mate van een-saamheid is normaal. Sodra dit egter jou ver-moe om te funksioneer be'invloed (byvoorbeeld as jy nie by die werk regkom nie, jy agterkom jy onttrek jouself aan mense en jy voel emo-sioneel gespanne oor jou situasie), is dit tyd om hulp te soek. "Dit sal dalk goed wees om met 'n sielkun-dige of 'n berader. soos jou predikant, te gaan gesels of by 'n ondersteuningsgroep aan te sluit." Dit is belangrik dat jy moet besef jy gaan nie beter voel as jy nie fisiek uitkom en jouself blootstel nie. Jy moet bereid wees om betrokke te raak en oor jouself te gesels.
Benita se daar is beslis maniere om jou situasie te verbeter. As 'n dokter wat in naturopa-tiese behandeling glo, se sy dit kan goed wees om jou angsvlakke met kruie en homeopatiese medisyne te verlaag. "Dit help mense om beter met hul omstandighede saam te leef." Sy glo die beste manier om eensaamheid te hanteer is om met ander mense te meng. "Dit is belangrik om in ander mense se ge-selskap te wees, selfs mense wat eensamer as jy is.
Doen vrywilligerswerk in ouetehuise of ander instellings. Vrywilligerswerk is oor die algemeen 'n wonderlike manier om nuwe mense te ontmoet." • Begin met 'n nuwe sport en sluit by 'n klub aan. So word jy deel van 'n gemeenskap en voel jy aktief deel van iets. • Sluit by jou kerk se selgroep of 'n ander aksie aan.
Dis 'n baie goeie manier om deel van 'n gemeenskap te word. • Benita se in plaas van om by die huis te sit en lees, kan jy met jou boek by 'n koffiewinkel gaan sit. • Gaan kyk soms 'n rugbywedstryd by 'n sportkroeg sodat jy tussen ander mense kan wees. • Word deel van 'n sosiale netwerk, raai Kirn ook aan. "Sluit aan by iets wat jou belangstel-ling prikkel, soos 'n dansklas of 'n bergklimklub. Dit moet jou net in aanraking met ander mense bring. Maak seker dit is nie 'n aktiwiteit wat jy alleen moet doen nie. Die belangrikste is om uit te gaan en die risiko's te neem.
Moenie opgee as jy nie dadelik nuwe vriende maak nie. Dit neem tyd om sosiale verhoudings te bou." • Doen moeite om by jou plaaslike gemeenskap betrokke te raak, raai Zane aan. Gaan uit en word weer deel van die gemeenskap. • Oefen gereeld, want dit sal jou fisiek beter laat voel. As jy te bang is om alleen te gaan stap, sluit by Walk for Life aan of gaan gim toe. Vra jou buurvrou of sy elke dag saam met jou wil gaan stap. • Navorsing wys dit help baie om 'n troeteldier te he. As daar beweging om jou is, voel jy minder alleen. • Probeer 'n positiewe houding kweek. As jy angstig en depressief raak en dink jy het hulp nodig, kry dit! Gaan sien 'n terapeut. • Sluit by 'n ondersteuningsgroep aan. Daar is geen twyfel dat ondersteuningsgroepe baie sinvol is nie. (Befrienders is so 'n groep.) • Bemagtig jouself deur vir 'n kursus in te skryf. Wou jy dalk nog altyd fotografie of selfs ster-rekunde bestudeer het? Doen dit.
Baie instellings het studiegroepe waar jy baie interessante mense kan ontmoet. • Begin jou eie ondersteuningsgroep. 'n Kerk kan 'n wonderlike afspringplek wees om mense vir jou groep te kry. Julle kan saamkuier en oor jul omstandighede gesels. « Gaan aanlyn. Zane se sommige van Sadag se pasiente woon in afgelee plekke."Dit is baie moeilik om daar deel van 'n gemeenskap te word. My raad is dan om aanlyn vir vriendskap en ondersteuningsgroepe te soek. Die Sadag-webwerf het betroubare skakels waar jy sulke groepe kan vind." So kan die wereld help Gemeenskappe moet na eensames uit-reik. As jy weet van iemand wat alleen is, nooi hom vir koffie.
Vra die persoon na sy lewe uit. "Baie van ons word so deur ons eie lewe ingeslurp dat ons kwalik tyd het om na ander mense uit te reik. Dis dalk moeite om uit te reik, maar jy kan so dalk 'n baie goeie vriend maak," se Kirn. "Dit is vir volwassenes baie moeilik om nuwe vriende te maak. Dis amper so angsaanjaend as om te date. Onthou net ons is almal sosiale wesens wat na sosiale kontak smag." Benita stem saam met Kirn. "Ons kan almal 'n verskil in mense se lewe maak. Maak tyd in jou besige skedule om gehaltetyd met jou ouers en grootouers deur te bring." Sy se as jy aan iemand in jou buurt of dorp voorgestel word, wees jy die een wat haar in jul vriendegroep opneem. "As jy sien jou buurman of buurvrou woon alleen, nooi hom een keer 'n week vir ete. Dit kan die hoogtepunt van sy week word." Probeer om iemand nie jammer te kry nie, maar plaas jouself eerder in sy skoene en dink hoe jy behandel sou wou word. "Vra mense oor hul lewe uit, jy weet nooit wat jy ontdek en waiter nuwe dinge jy kan leer nie," beklemtoon Benita. \1 Vir meer inligting en hulp: • Sadag-hulplyn: 011 262 6396 of www.sadag. co.za • www.drperch.com • Kim Foster: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. • www.befrienders.org