THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

Deur: Celinda Groenewald | Maandag 20 Februarie 2012 Jip.co.za

Selfmoord is ’n realiteit, al is dit moeilik om te face. Dit is Tienerselfmoord-voorkomingsweek en Celinda Groenewald het met ’n survivor gesels.

Drie dae voor haar matriek-eindeksamen het Dadine Joubert (nou 21) haar pa se .45-kaliber-pistool teen haar kop gedruk en die stemme wat haar aanmoedig om die sneller te trek, probeer uitdoof.
"Dit was asof ek in n ander dimensie was..."

Op die laaste oomblik het sy die pistool na die linkerkant van haar lyf laat sak, waar sy geskat het haar hart sit, en n skoot het die stilte van haar ouerhuis oopgekloof.
"Ek het na my boetie se meisie geroep wat buite die huis was. Sy het met handdoeke die bloed probeer stop. Ek weet die pyn was onbeskryflik, maar dis vreemd dat n mens nooit later die pyn kan onthou nie."

Vandag is dit baie moeilik om te glo dié funky BCom-student met die sielvolle oë het selfmoord oorweeg.
"Soms voel dit of ek n dubbele lewe gelei het. Ek was omring deur liefde en ondersteuning, maar was n regte rebel wat my ouers so kwaad kon maak met rook en drank."

Dadine sê genetiese depressie is vroeg op hoërskool by haar gediagnoseer, maar nie eens haar beste vriende het van die werklike donkerte binne haar geweet nie.
"Ek was so in myself gekeer dat ek nooit regtig dáár was nie, al het ek gedink kuier is die oplossing."
Vir haar het n naweek se high op kuier haar net weer laat crash die volgende oggend.
"Drank meng nie lekker met antidepressante nie."

‘Dankie dat ek hier is
"Daar was nie genoeg wit in my lewe om die swart in te kleur nie. Wat jy van jouself dink, kan jou maak of breek."
Die eerste keer wat sy probeer selfmoord pleeg het, het sy n handvol pille gesluk.
Die tweede keer, toe sy dit amper reggekry het, het sy op haar bed gelê en besluit sy sien nie meer kans om n teleurstelling vir haarself en ander te wees nie.
"Gelukkig het ek nie biologie of fisiologie gehad en geweet waar sit my hart nie," spot sy.
"Die skoot het enkele sentimeters van my linkerlong en millimeters van my slagaar deur my bladbeen getrek."

Die litteken is ná sowat drie jaar nog duidelik sigbaar.
"In die kar op pad hospitaal toe het my boetie bly sê: Dientjies, bly by my."
In die hospitaal het sy om vergifnis gebid en belowe sy sal nooit weer so iets doen nie.
"Dit was n impulsiewe, selfsugtige besluit wat my hele gesin beïnvloed het."
Sedertdien moes sy n paar operasies ondergaan, maar die dokters bestempel haar herstel as wonderbaarlik.

Dís my besluit
"Ek het oor die jare soveel great mense ontmoet en besef daar moet n doel wees met my lewe. Ek sê elke dag dankie dat ek nog hier is."
Sy gebruik steeds antidepressante en sê die lewe word nie oornag maanskyn en rosegeur nie.
"Ek het lank gesukkel om myself te aanvaar."
Dadine sê praat is die beste raad.
"Jy móét met iemand praat, al is dit n vreemdeling. n Mens kan nie al die goed opkrop sodat dit n dieper gat word waaruit jy verkeerde besluite neem nie."
Sy speel kitaar, sing en skryf al liedjies vandat sy 12?jaar oud was.
"Ek het met papier gepraat toe ek met mense moes praat.
"Ek het n belofte aan myself gemaak?en al is dit n konstante struggle, kies ek om nié daai donker lewe te hê nie.
"As jy in die aand in jou bed lê, wanneer jy werklik alleen met jouself is, weet jy of jy gelukkig is.
"Besluit om te wees."

Die lewe in ink
Dadine het n paar tatoeërmerke en dis nie omdat sy rebels is nie, maar om haar herinner om die lewe te vier.
Op haar regterarm staan Decide to decide : "As jy goed het wat jy wil doen, doen dit nou."
Op haar linkerarm staan 22.11.08 New life. Dit is die datum waarop sy haar eie lewe probeer neem het:"Jy haal nou asem, kyk na jouself."
Op haar linkerpols is n ster : "Ek het myself gesny om uiting aan my emosies te gee. Dit herinner my ek sal dit nooit weer doen nie."
Op haar hals is musieknote : "Musiek is my groot passie. Dis n wonderlike taal, al verstaan nie almal die woorde nie."

Klop hier aan vir hulp
Praat met jou ouers, n onderwyser wat jy kan vertrou of een van jou vriende.
Jy kan ook dié nommers bel:
Childline 0800?055?555
Lifeline 086?132?2322
SA?depressie-en-angsgroep 0800?567?567?of stuur n SMS na 31393.

Wat sê n kenner?
Tienerselfmoord word by die dag meer algemeen in Suid-Afrika, sê Cassey Chambers, opera­sionele direkteur van die Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep (Sadag).
"Daar is baie tieners wat oorweldig voel," sê sy.
Deel van die probleem is dat niemand n woord oor die onderwerp wil rep nie. "Ons leer ons kinders big boys dont cry ."
In vergelyking met Amerika en Brittanje is Suid-Afrika se voorkoms van tienerselfmoord veel hoër, sê sy.
Maar?waarom??Volgens Chambers is daar, behalwe depressie en soortgelyke siektes, baie bydraende faktore wat tot selfmoord kan lei, waaronder boelies, skooldruk, die hoë syfer van egskeidings en huishoudelike geweld in Suid-Afrika, asook drank- en dwelmmisbruik.
"Suid-Afrikaanse?tieners word blootgestel aan ekstra druk en word nie geleer hoe om dit te hanteer nie."
Vir tieners is selfmoord meestal n besluit wat op die ingewing van die oomblik gemaak word. Daar is nie genoeg hulpbronne om tieners te help nie, maan Chambers.
"Mense moet opgevoed word oor die tekens waarvoor hulle moet uitkyk en hoe hulle tieners kan help wat selfmoord wil pleeg."
- ?Rozanne Els

Die feite



9% van alle tienersterftes in Suid-Afrika is weens selfmoord;
1 uit elke 10 tieners pleeg selfmoord;
90% van tieners wat selfmoord probeer pleeg, ly aan depressie of n soortgelyke siekte;
75% van tieners vertel eers vir iemand, gewoonlik n vriend of familielid, voordat hulle probeer selfmoord pleeg;
19% van tieners het al selfmoord oorweeg, terwyl 17% dit al probeer het;
seuns gebruik dikwels dodeliker wapens as meisies wanneer hulle probeer selfmoord pleeg en is dus meer keer suksesvol;
tot vier keer meer meisies as seuns poog selfmoord; en
tieners?tussen?13?en 19?jaar is die grootste selfmoord-risikogroep.

Bron: Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep
- Rozanne Els

Gevaartekens
As jy bang is iemand wat jy ken oorweeg selfmoord, kan jy op die uitkyk wees vir dié tekens.
Die persoon:



huil baie;
geniet nie meer dinge waarvan hy of sy gehou het nie;
bring baie tyd alleen deur;
eet te veel of te min;
slaap te veel of te min;
is sonder energie;
mis gereeld skool;
vind dit moeilik om besluite te neem;
sukkel om te konsentreer; en
voel hopeloos.

 

Our Sponsors

Our Partners